Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Landbou
Te veel wyn: Ooit gedink dít sal ’n krisis wees?

Die Suid-Afrikaanse wynbedryf het ’n paar hobbels in die pad wat die bedryf reg sal moet benader.

Ryp het Frankryk en Italië se wynbedryf onlangs getref en groot verliese word in die volgende seisoen verwag. Dit skep dalk ’n blaaskans vir Suid-Afrikaanse wyne in ’n wêreld waar te veel wyn geproduseer word. Foto: Unsplash

Suid-Afrika produseer reeds te veel wyn en daar word verwag die oes van 2021 gaan ongeveer 3,6% (sowat 33 miljoen liter) méér wees as die vorige een.

Die plaaslike wynproduksie vir die jaar is baie hoog en ’n groot oes word verwag. Dit, tesame met die Noordelike Halfrond wat rekordoeste toon, beteken daar is meer wyn as mense om dit te drink wêreldwyd.

Dit was Dinsdag die boodskap van die wynbedryfsliggaam Vinpro gedurende ’n aanlyn seminaar.

Christo Conradie, Vinpro se bestuurder vir wynkelders, sê soos verwag, het Covid-19 ’n strawwe impak op die bedryf gehad en die inperkings en verbod op drankverkope het verbruik en verkope geknou.

Wêreldwyd is daar ’n oormaat van ongeveer 26 miljoen hektoliter wyn en is internasionale voorraadvlakke tans baie hoog. In Suid-Afrika is die voorraadvlakke van wyn ook hoog, met ongeveer 11 maande se voorraad (vooruitskatting vir Desember 2022, gegewe ’n sekere stel aannames) teenoor tien maande verlede jaar en agt maande in 2019. Die aanvaarbare vlak volgens Conradie is vyf maande.

In Januarie, midde-in die mees onlangse drankverbod, is net 3 miljoen liter wyn verkoop, teenoor 21 miljoen liter in Januarie 2020 en 27 miljoen liter in Januarie 2019.

Wynuitvoer het erg deurgeloop. In April vanjaar is 33 miljoen liter uitgevoer. In April 2020 is net 8 miljoen liter uitgevoer en in April 2019 29 miljoen liter.

k

Vir die bedryf om volhoubaar en winsgewend te groei, moet ernstig gekyk word na sleutelgebiede waar verandering nodig is, sê Conradie.

Meer gehaltewyne wat aan die plaaslike en internasionale markte verkoop kan word, is een van die voorstelle wat wynmakers kan ondersoek.

Conradie sê wynpryse moet minder elasties wees en onderhandelinge vir meer voordelige toegang tot internasionale markte is nodig.

Kelders moet ook in tegnologie belê en, waar moontlik, meganisasie oorweeg.

Kelders moet ook goed nadink oor besluite om kultivars te meng.

Transformasie deur inklusiewe groei is nodig.

Wat kan die bedryf van 2021 verwag?

  • Die volume van wyn gaan afneem en die koste per bottel gaan styg. Dit kan grootliks toegeskryf word aan die verhoogde aksyns.
  • Alternatiewe verpakkings vir wyn gaan toenemend druk op die meer tradisionele gebruik van glasbottels begin plaas.
  • Wyntoerisme gaan nog ’n tydjie neem om te herstel van die verliese wat in 2020 gely is, maar kelders kan betekenisvolle en volhoubare verhoudinge met hul klante begin opbou.
  • Die gewildheid van aanlyn verkope gaan aanhou toeneem.
  • Die mark vir wyn-sodawater (seltzers) gaan ook begin spoed optel.

Lesse uit Covid-19

Die “nuwe normaal” is anders. Die lesse wat die wynbedryf uit Covid-19 geleer het, is reeds besig om die toekoms van die bedryf te verander.

  • Wynprodusente kan begin fokus op diversifikasie van markte en verspreidingskanale.
  • Integrasie van aanlyn en persoonlike dienste moet dringend aandag kry, so ook die gebruik van tegnologie.
  • Hy benadruk die regering se hulp is ook nodig, veral vir wynkelders wat staatmaak op die reis- en toerismebedryf vir oorlewing en nie noodwendig toegang het tot ander en/of groter verspreidingskanale nie.
  • Die bedryf moet ook sy oog hou op die beleid oor drank en moontlike veranderinge aan die Drankwet wat ’n impak op sake kan hê.
Meer oor:  Drank  |  Staat Van Inperking  |  Sjebiens  |  Bier  |  Koronavirus  |  Bierbrouerye  |  Wyn  |  Wynbedryf  |  Restaurante  |  Inperking  |  Drankverbod  |  Drankbedryf  |  Covid-19  |  Kroeë  |  Drankverkope  |  Bierbedryf
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.