Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Landbou
Teleurstelling oor volbloedperde se pryse daal
Die hingsvul I Want It All van Drakenstein Stud wat vir R3 miljoen verkoop is. Die vul is deur Nicholas Jonsson gekoop. Foto: Verskaf

Die pasafgelope veiling van jaar oue volbloedperde in Kaapstad toon die impak van die swak ekonomie en die lae vertroue onder ook die land se rykes.

Volgens Wéhann Smith, uitvoerende hoof van Cape Thoroughbred Sales (CTS), is die gemiddelde prys van R326 531 wat op die jaarlikse Cape Premier Yearling-veiling behaal is, is 22% laer as verlede jaar.

Altesaam 173 perde is teen altesaam R56,4 miljoen verkoop.

Verlede jaar is 192 perde verkoop. Die totale verkope het R83,5 miljoen – met ’n gemiddelde prys van R435 208 – behaal.

Die hoogste prys wat vanjaar vir ’n vul behaal het, is R3 miljoen; teenoor die hoogste prys verlede jaar van R4 miljoen.

LEES OOK: R4 miljoen vir jong vul op perdeveiling gehaal

Dit is ver minder as die rekordprys van R6 miljoen wat in 2016 gehaal is.

Smith sê hoewel dit ’n teleurstelling is dat die gemiddelde prys soveel laer is, is dit nie heeltemal onverwags nie.

Die hingsvul I Want It All op die veiling. Foto: Verskaf

“Die ekonomie bly maar moeilik en die bedryf is nie immuun teen die politieke en ekonomiese toestande nie.”

Hy meen dit hou beslis ook met vertroue verband en het ’n invloed op hoeveel geld bestee word.

Daar is vanjaar vyf perde teen meer as R1 miljoen verkoop.

Volgens hom is die veiling goed bygewoon en het ’n goeie atmosfeer geheers.

Dit was ook die eerste keer dat ’n buitelander twee perde vir onmiddellike uitvoer op die veiling gekoop het. Dit is positief, meen Smith.

Dit is ook positief dat vyf perde meer as R1 miljoen gehaal het. Benewens die R3 miljoen vir die top-vul het een van die ander perde R2,2 miljoen behaal.

LEES OOK: Duur teelhings se nasate maak kopers mal

Die tydelike stalle waar die vullens aangehou word voordat hulle opgeveil word. Foto: Verskaf

In 2018 het is perde ter waarde van altesame R111,4 miljoen opgeveil, met ’n gemiddelde prys van R504 411. Die hoogtepunt tot dusver was in 2017 toe R155,2 miljoen se perde teen ’n gemiddelde prys van R699 211 opgeveil is.

Netwerk24 het verlede jaar berig hoe groot Markus Jooste, voormalige uitvoerende hoof van Steinhoff, in die mark is en wat die impak daarvan is dat hy nie meer ’n groot koper en verkoper is nie.

Steinhoff het einde 2017 ineengestort.

Meer oor:  Markus Jooste  |  Diere  |  Veiling  |  Landbou  |  Perde
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.