Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Landbou
Tito kry sy sin: Dagga gewettig vir medisinale gebruik

Tito Mboweni, minister van finansies, het sy sin gekry.

Kommersiële daggaboerdery vir medisinale doeleindes gaan vanjaar gewettig word. Foto: Pixabay

Pres. Cyril Ramaphosa het Donderdagaand in sy staatsrede aangekondig dat hennep en dagga vir medisinale gebruik gewettig gaan word.

“Vanjaar gaan ons die kommersiële gebruik van hennepprodukte reguleer en aan kleinskaalse boere die geleentheid bied om daarmee te boer," het hy gesê.

“Beleid sal geformuleer word oor hoe dagga vir medisinale doeleindes gebruik kan word soos wat in pas is met wêreldtendense."

Ramaphosa het bygevoeg hy kan sien sommige van die gaste by die staatsrede is heel opgewonde oor dié aankondiging. Hy “wonder” of hulle dit dalk self gebruik.

Mboweni het al herhaaldelik getwiet dat hy die kabinet gaan nader om daggaboerdery toe te laat. Hy het ook al verskeie kere foto’s van daggaplante op sy plaas getwiet.

Volgens hom kan daggaboerdery maklik ’n ekstra R4 miljard vir die land verdien.


Meer oor:  Cyril  |  Tito Mboweni  |  Ramaphosa  |  Hennep  |  Marijuana  |  Cannabis  |  Landbou  |  Staatsrede2020  |  Dagga
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.