Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Landbou
Tongaat sluit 63% laer

Verhandeling in Tongaat-Hulett se aandele het Maandag op die JSE hervat en dadelik verval in ’n vuurdoop vir die beleërde suikerreus.

In die eerste twee ure van verhandeling op die JSE Maandag het Tongaat se aandeelprys met meer as 62% getuimel. Die aandeelprys het teen 11:00 reeds van R13,21 tot R5,00 geval.

Dit het later op R4,80 gesluit, 63% laer.

Maandag se verhandeling bring die jongste markwaarde van Tongaat op slegs R675 miljoen te staan, waar dit vroeër die oggend nog R1,78 miljard was.

Slegs 18 maande gelede was Tongaat se aandeelprys nog sowat R90.

Maandag se verhandeling bring die jongste markwaarde van Tongaat op slegs R675 miljoen te staan, waar dit vroeër die oggend nog R1,78 miljard was. ’n Daling in die aandeelprys was te wagte nadat verhandeling sedert Junie 2019 opgeskort was en nog min goeie nuus sedertdien bekommerde beleggers kon gerusstel.

Die maatskappy het Vrydag sy resultate vir die halfjaar tot einde September uiteindelik uitgereik, wat die begin van ’n keerpunt gewys het. Die slegte nuus was egter dat die maatskappy steeds met ’n wesensverlies sit en ’n skuldlas van meer as R13 miljard het.

Die maatskappy se syfers vir die 2018-boekjaar, wat daartoe gelei het dat verhandeling in sy aandele in Junie

opgeskort is, moes heraangegee word en ’n forensiese ondersoek deur die ouditfirma PwC is van stapel

gestuur wat nou voltooi is. Die ondersoek wys vingers na ’n paar voormalige senior bestuurders by Tongaat, onder andere Peter Staude, voormalige uitvoerende hoof wat verlede jaar uitgetree het, vir die rekeningkundige onreëlmatighede wat ontleders die skandaal met dié van die Steinhoff-groep laat vergelyk het.

Teen 11:00 is meer as ’n miljoen Tongaat-aandele al verhandel.

Gavin Hudson, uitvoerende hoof van Tongaat, het Vrydag aan beleggers gesê dit sal nog minstens twee jaar wees voordat die maatskappy weer na ’n normale dividend-siklus kan terugkeer en geen dividende moet voor dan verwag word nie.

Meer oor:  Tongaat Hulett  |  Landbou  |  Suikerbedryf  |  Suiker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.