Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Landbou
Tongaat se bedryfwins styg skerp
Tongaat Hullet is Suid-Afrika se grootste suikerprodusent. Foto: Bloomberg

Dit lyk of die lewe vir die suikerreus Tongaat Hulett weer soeter word.

Tongaat se inkomste vir die boekjaar tot einde Maart het met 18% tot R15,4 miljard gestyg en sy bedryfswins met 491% tot R3,3 miljard.

Dit is teenoor dieselfde tydperk ’n jaar gelede.

Tongaat het Vrydag sy resultate op die JSE se nuusdiens, Sens, bekend gemaak.

Die basiese verdienste per aandeel het met 109% tot 89c gestyg. Dit is teenoor ’n verlies van R9,48 ’n jaar gelede.

Wanneer die afdeling wat stysel en glukose buite rekening gelaat word, is dit ’n basiese verlies per aandeel van R2,12. Dit is ’n verbetering op die basiese verlies per aandeel van R13,52 ’n jaar gelede.

Tongaat is besig om die afdeling wat stysel en glukose vervaardig te verkoop.

LEES OOK: Tongaat se stylselafdeling mag verkoop, maar sal dit?

Die wesensverdienste per aandeel het met 111% tot R2,11 gestyg. ’n Jaar gelede was dit ’n wesensverlies per aandeel van R8,23.

Wanneer die afdeling wat stysel en glukose buite rekening gelaat word, is dit ’n basiese wesensverlies per aandeel van R2,11. Dit is ’n verbetering op die basiese verlies per aandeel van R12,26 ’n jaar gelede.

Tongaat se kontantvloei het met 60% tot R2,1 miljard verbeter.

Tongaat het ’n basiese verlies van R286 miljoen vir die jaar gely. Dit is teenoor die basiese verlies van R1,5 miljard ’n jaar tevore.

Geen dividend is verklaar nie.

Skuld

Tongaat se skuld het einde Maart R12,6 miljard beloop teenoor R11,4 miljard van ’n jaar tevore.

Die maatskappy sê hy onderhandel met leners en banke oor hoe die skuld betaal sal word. Tongaat sê die Reserwebank se besluit om vanjaar verskeie kere die rentekoers te verlaag, gaan hom baie help aangesien hy minder rente op sy skuld gaan betaal.

Die totale verlaging in die rentekoers in 2020 beloop 3 persentasiepunte. Die repokoers is 3,5% en die prima rentekoers van banke 7%.

Tongaat se Suid-Afrikaanse bedrywighede se skuld beloop teen einde Maart R10,9 miljard. Dit is teenoor die R9,9 miljard van ’n jaar tevore.

Die maatskappy het reeds onderneem om sy skuld teen Maart 2021 met R8,1 miljard te verminder.

Hy hoop juis om die R4,9 miljard waarvoor hy sy afdeling vir stysel en glukose verkoop het, hiervoor te gebruik.

In Mosambiek het Tongaat se skuld met R230 miljoen tot R1,4 miljard gestyg. Dié styging is egter hoofsaaklik weens die veranderde wisselkoers.

Ondersoeke

Tongaat se die Gedragsowerheid van die finansiële sektor (FSCA) se ondersoek na beweerde ongerymde wat betref sy boekhouding, duur voort.

Dit het voorheen aan die lig gekom dat daar beweerde ongewenste praktyke en die potensiële invloed op die finansiële jaarstate vir die 2018- en 2019-boekjaar was.

Luidens ’n forensiese ondersoek deur PwC, het Peter Staude, voormalige uitvoerende hoof van Tongaat, en nog agt topbestuurders of direkteure na bewering geweet of moes na bewering geweet het dat dié suikerreus se boeke bekook is.

LEES OOK: Tongaat: Só is boeke bekook, toon verslag

Tongaat wys daarop dat die JSE reeds sy ondersoek hieroor afgehandel het. Die JSE het Tongaat in Julie met R7,5 miljoen beboet en onder sensuur geplaas.

R2,5 miljoen van dié boete is vir vyf jaar opgeskort.

Pandemie

Die maatskappy sê hy is gelukkig dat die Covid-19-pandemie hom nie regtig beïnvloed het nie.

Dit is omdat hy kos, wat ’n noodsaaklike item is, produseer.

Tongaat sê dat hy ook nog voor die uitbreking van die koronavirus met grootskaalse herstrukturering begin het. Dit het hom nou gehelp om meer vaartbelyn te wees.

Die maatskappy sê werknemers wat van die huis af kan werk, is wel aangesê om dit te doen.

Verder monitor hy werkers by al sy ander bedrywighede en het hy die nodige gesondheidsmaatreëls ingestel.

Die maatskappy het reeds R60 miljoen toegeken aan verskeie projekte om die pandemie te help beveg.

Tongaat se aandeelpryg begin Vrydag teen R5,00 op die JSE verhandel

Meer oor:  Tongaat Hulett  |  Bedrog  |  Suiker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.