Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Landbou
Tongaat se verlies krimp

Dit lyk asof die suikergroep Tongaat Hulett besig is om sy probleme af te skud, en hy mik selfs om R4 miljard van sy aandeelhouers in te samel.

Die groep wie se aandeelverhandeling op die JSE in Junie opgeskort is te midde van ’n boekhoudingskandaal, het in die boekjaar tot einde Maart ’n wesensverlies van R923 miljoen gely, teenoor die heruitgereikte verlies van R947 miljoen in die vorige boekjaar.

Die suikervervaardiger Tongaat Hulett sê hy is steeds 'n lopende saak.

Sy omset vir die boekjaar is effens minder op R17,069 miljard, en sy verdienste voor rente, belasting, depresiasie en afskrywing is in werklikheid beter op R1,86 miljard teenoor die vorige jaar se hersiende syfer van R727 miljoen.

Gavin Hudson, uitvoerende hoof, sê dit was ’n uiters uitdagende jaar met baie harde werk. Die resultate is beter as verwag gegewe die krisis wat die groep moes hanteer om by die wortel van sy boekhouprobleme uit te kom.

Die ouditgroep PwC se adviesdiens-afdeling is vroeër vanjaar aangestel om ’n forensiese ondersoek na Tongaat se boeke te doen, en onlangs het die groep aangekondig vervolging kan ingestel word teen sekere vorige direkteure wat ’n rol in die wanvoorstelling van syfers gespeel het.

PwC se verslag het gewys senior bestuurders was betrokke by die oordrewe aandui van winssyfers en batewaardes in die 2018-boekjaar.

Aanvanklik is verwag die 2018-boekjaar se syfers sal met R3,5 miljard aangepas moet word, maar dit was uiteindelik R4,5 miljard, het Hudson Dinsdag bekend gemaak.

Hy het beklemtoon Tongaat is steeds ’n lopende saak en het ’n groot en aantreklike bategrondslag. Hy genereer goeie kontantvloei, met sterk winsmarges. Verbeterings is geïdentifiseer wat kontantvloei oor twee jaar met meer as R3 miljard kan verbeter.

Volgens Hudson het die maatskappy die ondersteuning van banke, en onlangs het sy bankiers ’n ooreenkoms gesluit om sy skuld te herstruktureer.

Tongaat mik om sy skuld teen Maart 2012 met R8,1 miljard te verminder. Hy verwag ’n inspuiting van tussen R1 miljard tot R2 miljard danksy strategiese vennootskappe by sy suikermeulens en eiendomsafdeling. Hy wil ook aandeelhouers nader met ’n regte-uitgifte om R4 miljard in te samel, waarskynlik sodra die JSE hom toelaat om aandeelverhandeling te hervat.

Tongaat het ook planne om van sy nie-kernbedrywighede te verkoop.

Meer oor:  Tongaat Hulett  |  Landbou  |  Suiker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.