Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Landbou
Trekkers verkoop fluks

Maart was ’n goeie maand vir vervaardigers, invoerders en verkopers van trekkers. Tot 30% méér trekkers is verkoop teenoor die ooreenstemmende tydperk verlede jaar.

Trekkers het in Maart amper soos soetkoek verkoop. Foto: Unsplash

Volgens die Landboumasjinerie-vereniging (Salma) het boere die afgelope Maart 601 trekkers gekoop teenoor Maart 2020 se 463.

Daar is in Maart ook 27 stropers verkoop, wat ’n 4%-styging is van Maart 2020.

Volgens Wandile Sihlobo, hoofekonoom van die landbousakekamer Agbiz, is die sterk groei in Suid-Afrika se landbousektor ook positief vir verwante bedrywe, soos vervaardigers van landbouwerktuie en -masjinerie. Die verkope van trekkers, ploeë, planters, stropers en ander landboumasjinerie en -toerusting was die afgelope ruk baie goed, sê hy.

“Goeie oeste in 2019-’20 het bygedra tot boere se aankope (van implemente) en die vooruitsig dat die landbousektor na nog ’n goeie seisoen kan uitsien, is verdere goeie nuus vir vervaardigers van landbouwerktuie.”

Die oesskattingskomitee verwag die produksie van somergraan en oliesade sal vir 2020-’21 sowat 18,7 miljoen ton wees, ’n toename van 6% op ’n jaargrondslag.

Meer oor:  Trekkers  |  Stropers  |  Landbou
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.