Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Landbou
Trekkerverkope ’n raps hoër in Mei
’n Besoeker aan Nampo kyk na die trekkers wat deur John Deere uitgestal word. Trekkerverkope is in Mei vanjaar 2% hoër as ’n jaar gelede.

Daar is gemiddeld 24 trekkers per dag in Mei in Suid-Afrika verkoop. Dit is 2% meer as ’n jaar gelede, luidens die jongste statistieke van die Suid-Afrikaanse Landboumasjinerievereniging (Saama).

Trekkerverkope van 501 eenhede is in Mei 2018 aangeteken teenoor die 497 eenhede wat verlede Mei

verkoop is.

“Die styging is nie verbasend nie aangesien Mei ’n besige maand is met aanplantings van wintergraan wat nou volstoom aan die gang is,” sê Wandile Sihlobo, landbou-ekonoom van Agbiz.

Vir die jaar tot dusver (die eerste vyf maande) is verkope ongeveer 11% meer as in die ooreenstemmende vorige tydperk.

Stroperverkope van 16 eenhede in Mei is agt eenhede minder as die 24 eenhede wat verlede Mei verkoop is. Stroperverkope vir die jaar tot dusver is ongeveer 11% laer as verkope vir die vorige ooreenstemmende tydperk.

“Die volgehoue hoë vlak van trekkerverkope dui daarop dat sentiment in die mark goed bly,” lui ’n verklaring van Saama.

Pryse vir toerusting het redelik stabiel gebly oor die afgelope paar maande, ondanks die wisselvallige waarde van die rand. Dié faktore dra by tot ’n volgehoue kopersmark.

Met die hoër vlakke van trekkerverkope oor die afgelope maande is ramings in die bedryf dat verkope vir die jaar tussen 6 500 en 6 750 eenhede sal wees, marginaal meer as verkope in 2017.

Meer oor:  Trekkers  |  Stropers  |  Landbou
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.