Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Landbou
Trust help boere om hulself te beveilig
Deur gemeenskappe te help om hul veiligheid te verbeter, probeer die trustfonds om ’n bydrae te lewer tot die landbousektor se produksievermoë om voldoende voedsel en vesel aan die verbruiker beskikbaar te stel.

Verskeie boerderygemeenskappe van Vaalharts en Namakwaland in die Noord-Kaap en Utrecht in KwaZulu-Natal, het pas geldhulp van die Agri Securitas-trustfonds ontvang om deur die aanwending van tegnologie, as ’n bykomende hulpmiddel, misdaad in hul gebied te voorkom.

Vrystaat Landbou se veiligheidslessenaar wat help met die inwerkingstelling en koördinering van die landelike beveiligingstrategie is ook geldelik ondersteun.

“Die trustfonds streef daarna om boerderygemeenskappe geldelik te help om die misdaadaanslag teen te werk. Deur die gemeenskappe te help om hul veiligheid te verbeter, probeer die trustfonds om ’n bydrae te lewer tot die landbousektor se produksievermoë om voldoende voedsel en vesel aan die verbruiker beskikbaar te stel en sodoende ook by te dra tot stabiliteit in die land. Dit is ’n omvangryke taak wat die trustfonds op hom neem om boere, plaaswerkers en hul gesinne se veiligheid te help verbeter,” sê Japie Grobler, voorsitter van die trustfonds.

Die implementering van kamerastelsels is nuttige tegnologie om die beweging van voertuie en mense in en uit ’n gebied te monitor.

Die stelsels word in samewerking met die polisie bedryf sodat verdagte voertuie en mense wat die gebied inkom spoedig opgespoor kan word.

Die stelsels word aanvullend gebruik tot die aanwending van plaaspatrollies om ’n wye dekkingsgebied onder waarneming te plaas en verder dien dit ook as afskrikmiddel vir misdaad. Op Utrecht sal die nagsigtoerusting wat verskaf word in die stryd teen veediefstal wat in dié gebied ’n groot probleem is, gebruik word.

Die trustfonds probeer om met dié hulp veiligheid te verbeter en die gemeenskappe se paraatheid op te skerp. In gevalle waar bydraes reeds gemaak is, word positiewe terugvoering ontvang in die bekamping van misdaad.

Versoeke om hulp word deur provinsiale organisasies oorweeg waarna dit vir goedkeuring aan die Raad van Trustees voorgelê word.

Die Trustfonds gee erkenning aan sy sakevennote Nissan SA, Sanlam, CrisisOnCall en Sonfin wat deurlopend finansiële bydraes lewer ter ondersteuning van die oogmerke van die trustfonds.

Die behoefte aan ondersteuning in die stryd teen misdaad en die aansprake op geldhulp deur die trustfonds word al groter en daarom word ’n beroep op die private sektor gedoen om geldelik betrokke te raak by die trustfonds se werk.

Meer oor:  Boere  |  Trust  |  Landbou  |  Misdaad  |  Plaasaanvalle
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.