Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Landbou
Uitspraak oor uitvoer Dinsdag verwag

Die Rooivleisbedryfsforum ondersteun die handel in lewendehawe en vervoer per skip – indien dit eties en sonder enige dieremishandeling gedoen word.

Al Mawashi Suid-Afrika, ’n Oos-Londense lewende­hawe-uitvoermaatskappy, het ’n aansoek by die hof ingedien om ’n interdik wat die skip in die Oos-Londense hawe­ verhoed om met lewendige skape na Koeweit te vertrek, tersyde te stel of aan te pas.

Hierdie interdik is op 24 Junie in die hooggeregshof in Grahamstad aangehoor.

Uitspraak is voorbehou tot Dinsdag volgende week.

Die Rooivleisbedryfsforum is in ’n vorige verhoor verlof toegestaan om toe te tree as ’n respondent in hierdie hofsaak.

Volgens die Rooivleisbedryfsforum se regspan kon geen bewyse van voldoening tot op hede voorgelê word nie.

Die Rooivleisbedryfsforum se regspan het daarom die interdik ondersteun totdat bewyse van voldoening voorgelê kan word.

’n Hofuitspraak sal vandag daaroor gelewer word. Die finale hofsaak sal op 16 Julie plaasvind.

Sowel plaaslike wetgewing as die beginsels en riglyne soos uiteengesit deur die Wêreldorganisasie vir Dieregesondheid (OIE) moet in die afwesigheid van Suid-Afrikaanse riglyne die uitvoer van lewendehawe vanaf Suid-Afrika beheer.

Agri SA, Agri Oos-Kaap, die Nasionale Wolkwekersvereniging, die Suid-Afrikaanse Voerkraalvereniging, die Suid-Afrikaanse Varkvleisprodusente-organisasie, die Rooivleisprodusente-organisasie en die Rooivleisbedryfsforum het dit duidelik gestel dat skepe wat betrokke is by die uitvoer van lewendehawe al die prosedures en riglyne binne die OIE-standaard sal moet volg en aan die voorwaardes sal moet voldoen soos wat deur die regering gesertifiseer word.

Daar is gister aangevoer dat die besending en die vaartuig nie aan die OIE-riglyne en die Dierebeskermingswet voldoen nie.

Die Rooivleisbedryfsforum se regspan het beklemtoon dat die forum die handel met lewendehawe per see ondersteun, maar sodanige handel moet voldoen aan die minimum standaarde soos dit in die OIE-riglyne uiteengesit word.

Die Rooivleisbedryfsforum en sy lede wil die volgende duidelik stel:

  • Dieregesondheid is van die uiterste belang;
  • ’n Standaard moet ingestel wees om uit te voer;
  • In die afwesigheid van ’n eie standaard behoort die OIE se standaard as ’n minimum standaard te dien;
  • Handel is uiters belangrik, onderhewig aan ’n standaard; en
  • Standaarde moet deur die regering afgedwing word.

Dit is die instruksies aan die regspan vir die hofsaak wat vir 16 Julie geskeduleer is.

Meer oor:  Al Mawashi  |  Lewende Hawe  |  Uitspraak  |  Skepe
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.