Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Landbou
‘Van die grootste osse ter wêreld’ in Vrystaat geslag

’n Reuse-os wat in Parys opgeveil is, is waarskynlik een van die swaarste beeste wat vanjaar ter wêreld geslag is, sê Albert Loubser, organiseerder van die Alfa Ekspo.

Die chianina-os het lewend 1 335 kg geweeg en daar is vroeër geraam dat hy 801 kg sou uitslag.

Loubser sê die os het verlede week die oë laat rek toe sy warm karkas 937 kg geweeg het.

Bok van Zyl (links), die koper, en Christiaan de Jager, die verkoper, by die reuse-karkas van die os wat in Bethlehem geslag is.Foto: verskaf

Die karkas se koue gewig was 907 kg wat beteken dat die os ’n allemintige uitslagpersentasie van 68% gehad het.

Die os het die Cape Gate Mega-os-kompetisie op 19 September op die Alfa Ekspo in Parys gewen en is Donderdag in Bethlehem in die Weltevrede-slagpale geslag.

Volgens Loubser moes spesiale reëlings getref word om die os te slag omdat die abattoir nie vir sulke groot karkasse ingerig is nie.

Die os het aan Christiaan de Jager van die O-La-La Chianina-stoetery behoort en Bok van Zyl van die Cheetah Lodge by Bethlehem het dit gekoop.

Die os het op meer as een manier die rekordboeke herskryf en die verkoopprys van R181 827 beteken dat die vleis R200 per kg kos.

Loubser sê R50 000 van die geld is aan die Doxa Deo-kerk vir traumabehandeling geskenk.

Van links is Albert Loubser (Alfa), Wynand Viljoen (Weltevrede-slagpale), Fanie Koen en André Jooste (Ciglers-slaghuis), Bok van Zyl (Cheetah Lodge), Christiaan de Jager (O-La-La-Chianinas) en Robbie Strydom (OVK).Foto: verskaf
Meer oor:  Alfa Ekspo  |  Albert Loubser  |  Chianina-Os  |  Geslag  |  Grootste Os
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.