Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Landbou
Varkkoors versprei oor Asië heen

Viëtnam se regering het vandeesweek bevestig dat 1,7 miljoen varke al uitgedun is soos Afrika-varkkoors dié land in Asië se varkbevolking nou ook verwoes.

Suid-Afrika voer sowat 75% van al sy varkprodukte in.

Nagenoeg 5% van Viëtnam se varke is al uitgedun soos die virus al na tot 42 stede en provinsies versprei het en die land se groot formele varkbedryf al hoe meer bedreig.

Afrika-varkkoors versprei tans deur groot dele van Asië, asook China, waar meer as 50% van die wêreld se varkvleis geproduseer word.

Daar is geen entstof vir die virus nie, en dit het ’n sterftesyfer van ten minste 90% onder varke, maar affekteer nie mense nie.

In Asië, waar veeboere hoofsaaklik met varke boer, is die bedryf reeds onder enorme druk soos miljoene varke besmet word deur die virus.

In China, berig Reuters, is die totale varkbevolking reeds 22% kleiner as ’n jaar gelede, en dié beperkte voorraad is klaar besig om varkpryse beduidend op te stoot vir verbruikers.

In Viëtnam is die komende reënseisoen ook besig om die verwydering van besmette karkasse te bemoeilik, aangesien modderagtige grond en wegspoelings massagrafte nie lewensvatbaar maak nie en dus lei tot verdere infeksies.

Die Viëtnamese regering sê hy kan nie eens meer waarborg dat gebiede wat al vir meer as 30 dae virus-vry verklaar is, nie nou weer besmet sal word nie.

Suid-Afrika het volgens die Suid-Afrikaanse Varkvleis-produsenteorganisasie in 2018 meer as driekwart van sy varkvleis ingevoer van oorsee af, en al kom die meerderheid vanuit Europa, sal die tekorte in die wêreld se belangrikste varkvleisstreke in Asië druk op pryse wêreldwyd plaas.

Suid-Afrika het in 2018 sowat 11 000 ton varkvleis geproduseer en omtrent 37 000 ton ingevoer.

China het Vrydag aangekondig dat hy ’n eksperimentele entstof binnekort wil toets vir een van die twee virale stamme wat Asië teister, berig Reuters.

Geen besonderhede oor die inenting is wel bekend gemaak nie.

Meer oor:  China  |  Viëtnam  |  Landbou  |  Varkvleis  |  Veeboere
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.