Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Landbou
Vee-ekspo op Parys een van min in 2020
Alexander van der Walt en Celandri Marx gesels boerderysake op die BKB Africa Livestock Expo in Parys. Foto: Alet van der Walt
Josias Molefe, van die Louis Trichardt-stoet by Mokopane, met die Brahmanbul Klein Rambo op die ekspo. Foto: Alet van der Walt
Charles Mugabe met een van die Brahmanbulle wat hy begelei het. Foto: Alet van der Walt
Sand Matupe, een van die Marxville-stoet van Vereeniging se begeleiers, met die bul Andries.Foto: Alet van der Walt
Stephan Coetzee van Rysmierbult en Boesman Hattingh van Nigel het besluit Donderdag se reënweer maak ’n lekker stapel pannekoek ’n noodsaaklikheid. Foto: Alet van der Walt
Elisma Nortjé van Lephalale sê sy hou daarvan om beeste op skoue te begelei. Sy help as vrywilliger by die Rooibrahman-stoet van Khuphukile Dube van Polokwane. Foto: Alet van der Walt

Min dinge het in vanjaar se staat van inperking staande gebly en die land se andersins propvol kalender van landbouskoue, feeste en ekspo’s was maar dor, droewig en yl – soos ’n Vrystaatse mielieland in droogtetyd.

Die Afridome in Parys was die afgelope week ver van die gewone miernes van boerderybedrywighede, maar daar was darem lewe. Daar was boere, daar was vee en die belangrikste van alles, daar was hoop.

’n Mens kon weer ’n pannekoek eet, ’n koppie boeretroos drink en die skoudiere bewonder wat spoggerig in die skouring begelei is.

DeWaal Nigrini, voorsitter van die 2020 BKB Africa Livestock Expo wat die week aangebied is, sê die organiseerders het besluit om vas te byt. Hoewel hulle die geleentheid vir ’n maand moes uitstel, het hy geglo die onsigbare virus sal nie vir altyd alles kan beheer nie.

“Ons was ook gelukkig, want die virussyfers het begin daal en ons kon met die verslapte maatreëls hierdie week die ekspo aanbied,” sê Nigrini.

Maar die virus het wel ook hier sy teenwoordigheid laat voel, want pleks van 2019 se 658 beeste uit 19 beesrasse is net meer as 300 beeste uit vier beesrasse vanjaar ingeskryf.

Die vier beesrasse is die Brahman, Limousine, Santa Gertruida en Chianina.

Hoewel dit maar net die tweede ekspo was, het heelwat kleinveerasse vir die eerste keer vanjaar deelgeneem. Nigrini sê van die kleinveerasse wat te sien was is die minder bekende Merino-landskaap en die Hampshire Down.

Hy sê danksy goeie borgskappe van onder meer BKB Afslaers en Landbouweekblad kon die skou vanjaar voortgaan en hy glo daar is plek vir ’n alleras-veeskou in die land.

Die Pretoria Skou is tot niet en dit het die deur oopgemaak vir ’n ander groot veeskou in die noorde van die land.

Verlede jaar het veeboere en ander belanghebbendes vanuit die hele Afrika die ekspo bygewoon en Nigrini glo die ekspo sal weer, sodra die inperkings verslap word, deur buitelandse besoekers ondersteun word.

Meer oor:  Dewaal Nigrini  |  Vee-Ekspo
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.