Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Landbou
Veekunde by US kry nuwe hoof

Daar is ’n nuwe indoena by die Universiteit Stellenbosch (US) se departement veekundige wetenskappe.

Dr. Brink van Zyl, wat die afgelope jaar aan die US as dosent verbonde was, is as die nuwe departementshoof aangestel.

Dr. Brink van Zyl

Hy het meer as 25 jaar se ondervinding in die privaat sektor. Dit sluit onder meer werkservaring in uitgebreide veeboerdery en aanvullende voeding in.

Van Zyl is in Kimberley gebore en het sy doktors- sowel as MBA-graad by Maties verwerf.

“Die landbousektor benodig deesdae uiteenlopende vaardighede asook praktiese én tegniese kundigheid. Dit is die soort studente wat ons moet toerus vir die toekoms,” sê hy in ’n verklaring wat deur die universiteit uitgereik is.

Die dae dat ’n student gaan boer sodra hy of sy die skool verlaat, is lank reeds verby, meen Van Zyl.

Die bedryf het heeltemal verander en daarmee saam die wyse waarop opleiding verskaf moet word.

Hy sê dat feitlik elke segment van die landbousektor deesdae die jongste tegnologie en insette van verskeie vakdissiplines moet inspan om ekonomies lewensvatbaar te bly.

Van Zyl het voorheen as ’n herkouer-deskundige by Afgri Veevoer gewerk. Hy was ook ’n verkoopsbestuurder by Transvaal Suiker Bpk.

Hy sê hy sien uit na die uitdagings van die pos en glo sy ervaring in die privaat sektor sal handig te pas kom.

“Ek wil onder meer fokus daarop om nouer met die (landbou)sektor saam te werk.

“Ek beskou dit as ’n belangrike deel van my taak hier om jong professionele kundiges op te lei wat suksesvol die oorgang vanaf ’n student na die werks­omgewing kan maak.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.