SWART-VRYDAG-AANBOD! Betaal slegs R9,99 vir die eerste twee maande as jy nou ’n intekenaar word. Spring gou!
Landbou
Veeskool fokus op vrugbaarheid

Bees- en skaapboere gaan wakker geskud word op die tiende Veeskool, wat van 17 tot 19 Oktober by Ventersburg gehou word. Vanjaar fokus die Veeskool op vrugbaarheid.

Die geleentheid word deur die Lewendehawe Registrerende Federasie (LRF), Breedplan en Landbouweekblad aangebied. Volgens Kobus Bester, voorsitter van die LRF, Izaan du Plooy van Breedplan SA en dr. Michael Bradfield, LRF-direkteur, is vrugbaarheid die grondslag van winsgewendheid. Daarom is die Veeskool se klem grootliks op reproduksie.

Veels te min moderne reproduksietegnieke word nog in die vleisbees- en kleinveebedryf toegepas. Nuwe tegnieke kan reproduksie verbeter en die boer op ’n winsgewender grondslag plaas.

Selfs nuwe tegnologie soos die geslagsbepaling van semen word reeds algemeen in ander lande gebruik.

Die oogmerk is om boere as’t ware wakker te skud sodat hulle deeglik onder die besef van die nadelige gevolge van swak reproduksie aan die een kant en die belangrikheid van goeie reproduksie aan die ander kant kom. “Ons gaan nuwe lewe in die veebedryf blaas sover dit die aanwending van die nuutste reproduksiemetodes betref,” sê Bester.

“Suider-Afrika is so te sê op ’n ekstensiewe eiland geleë wat vleisproduksie betref. Kunsmatige inseminasie (KI) is tot ons beskikking om meerderwaardige diere te teel, maar betreklik min boere gebruik dit; seker minder as 1%. ’n Enkele bul kan hoogstens 30-40 koeie per dektyd dek, terwyl derduisende koeie met KI dragtig gemaak kan word.”

Die Veeskool wil op drie faktore fokus deur veeboere anders te laat dink oor ou tegnologie soos KI, hulle inlig oor reproduksiemaatstawwe en inligting oor die nuutste tegnieke verskaf.

Selfs nuwe tegnologie soos die geslagsbepaling van semen word reeds algemeen in ander lande gebruik. Daarom betrek die LRF drie kenners op die gebied van KI, konvensionele embriospoeling en -oorplasings en die in vitro-produksie van embrio’s (IVEP) by die Veeskool. Hulle is dr. Morné de la Rey, mededirekteur van Embrio Plus op Brits, dr. Fanie Steyn, besturende direkteur van embriospoelings en laparoskopieprogramme by Ramsem in Bloemfontein, en dr. Neil van Zyl, direkteur van In Vitro Africa op Parys.

Op die gala-aand op 18 Oktober word eerbewyse ook aan Suider-Afrika se voorste veeboere oorhandig; aan die Teler van die Jaar, Bul van die Jaar op skoue, Prestasiegetoetste Bul van die Jaar, Nuwe Toetreder tot die Kommer­siële Beesbedryf en die Beste Koeigroep van die Jaar.

Meer oor:  Veeskool  |  Ventersburg
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.