Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Landbou
Veeveilings sedert opheffing van verbod ‘bevredigend’

’n Beperkte aantal veeveilings is al gehou ná die opheffing van die verbod op veeveilings vroeër hierdie maand, wat vroeg in Desember deur die departement van landbou ingestel is ná die uitbreking van bek-en-klouseer in Limpopo.

Die voorsitter van die Nasionale Wolkwekersvereniging (NWKV), Guillau du Toit, het Sondag gesê volgens die inligting tot sy beskikking het die veilings heel bevredigende resultate opgelewer.

“Hoewel die gemiddelde pryse op die ramveilings effens laer was, is daar egter nie rede tot kommer nie. Die diere is ten minste almal verkoop. Die ekonomie is pap en dele van die land is steeds baie droog en onder druk.

“Maart, wat ook vir die meeste mense in ’n nuwe boekjaar val, behoort ’n beter aanduiding van neigings te gee. Vroeë aanduidings is egter dat daar nie rede tot kommer oor die verkoop van goeie vee behoort te wees nie.”

Stadige stygings in wolmark

Volgens Du Toit hou die wolmark ook goed by met stadige stygings, ten spyte van die Covid-19-virus in China. Daar is ook aanduidings van hoër pryse op langtermyn-kontrakte wat ’n aanduiding van vertroue in die mark is.

Veeveilings in die Oos-Kaap sal in die toekoms deur staatsveeartse en tegnici gemonitor word en vee-eienaars moet seker maak dat hul diere van ’n dieregesondheids-inspeksiesertifikaat vergesel word. Hierdie sertifikaat, asook vervoerpermitte, is nou ook ’n vereiste op alle veilings.

Du Toit het gesê boere verwelkom die skerper maatreëls op veilings. “Dis vir elke produsent se eie beswil, asook die uitvoermark. Ons moet aanhou sterk staan en nie poog om die maatreëls af te water nie.

“Met die baie reën wat in sekere gebiede voorgekom het, moet ons ook steeds die risiko van slenkdalkoors in ag neem. Van tyd tot tyd word produsente daarteen gewaarsku en hopelik is alle diere nou daarteen ingeënt.

“Ons kan sien hoe vinnig ’n probleem deesdae in ’n krisis kan ontaard, en daarom is voortydige, verantwoordelike optrede die antwoord. En dit moet geld vir alle rolspelers tot by ons verskillende landboudepartemente.”

Volgens Marzanne Polydorou, ’n ondersteuningsbeampte by die nasionale dieregesondheidsforum, moet eienaars verseker dat hul diere deur ’n gesondheidsinspeksie-sertifikaat, wat deur staatsveeartse en ook private veeartse uitgereik word, vergesel word.

“Boere moet te alle tye seker maak dat die diere wat hulle aankoop, gesond is. Hulle is heeltemal geregtig daarop om aan te dring op ’n gesondheidsertifikaat,” het sy bygevoeg.

Meer oor:  Limpopo  |  Landbou  |  Veilings  |  Bek-En-Klouseer  |  Boere  |  Vee
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.