Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Landbou
Veilings gekeer weens bek-en-klouseer

Die nasionale departement van landbou het ’n verbod ingestel op alle veeveilings in vier provinsies nadat bek-en-klouseer twee weke gelede op ’n plaas in Limpopo uitgebreek het.

Reggie Ngcobo, woordvoerder van die departement, het Donderdag in ’n verklaring gesê daar is besluit dat geen veeveilings in Limpopo, Gauteng, Noordwes en in Mpumalanga mag voortgaan nie. Dit is nie bekend hoe lank die verbod sal duur nie.

Dit is as ’n voorkomingsmaatreël ingestel om te keer dat dié hoogs aansteeklike siekte versprei.

Ngcobo hou vol dat bek-en-klouseer slegs op een plaas in die Molemole-distrik in Limpopo, wat Mogwadi (Dendron) en Blouberg insluit, uitgebreek het. Hy kan steeds nie sê hoe dié diere die siekte opgedoen het nie.

Volgens hom is die plaas onder kwarantyn geplaas.

Amptenare van die departement van landbou is besig met ondersoeke in die Molemole-distrik om te kyk of die siekte nie versprei het na voerkrale en slagplase nie.

Ngcobo het ’n beroep op “alle boere in die land” gedoen om streng bioveiligheidsmaatreëls te handhaaf. “Boere moet seker maak dat diere wat na hul plase gebring word, gesond is.”

Bek-en-klouseer word hoofsaaklik versprei deur die vervoer van siek diere.

Bek-en-klouseer word hoofsaaklik versprei deur die vervoer van siek diere. “Onbeheerde vervoer van diere kan die siekte oor groot dele versprei.”

Die DA het Thoko Didiza, minister van landbou en grondhervorming, gevra vir ’n volledige ondersoek na die oorsaak van die uitbreking van bek-en-klouseer in Limpopo.

Die Molemole-distrik is honderde kilometer van die beheerde bek-en-klouseer-buffersone, wat in die gebied aangrensend aan die Krugerwildtuin is, waar die siekte endemies is.

Bek-en-klouseer het in Januarie in die Vhembe-distrik, buite die beheerde buffersone, uitgebreek.

Bek-en-klouseer het in Januarie in die Vhembe-distrik, buite die beheerde buffersone, uitgebreek.

Noko Masipa, woordvoerder van die DA oor landbou en grondhervorming, sê die huidige uitbreking is kommerwekkend, veral nadat dit in Januarie ook uitgebreek het. “Die uitbreking in Januarie het tot ’n maande lange verbod op die uitvoer van vleis en wol gelei. Dit het die land tot soveel as R10 miljard gekos.”

Koos van der Ryst, voorsitter van die Nasionale Rooivleisprodusenteorganisasie (RPO), sê die huidige uitbreking gaan nie net ’n negatiewe invloed op die rooivleisbedryf hê nie, maar ook op die landbousektor in geheel.

Bek-en-klouseer is ’n hoogs aansteeklike virale siekte wat vinnig versprei onder diere met gesplete hoewe. Dit sluit in beeste, varke, skape en bokke.

Van die simptome is dat diere lusteloos voorkom en nie vreet nie. Daar is sere in hul bekke wat hulle verhoed om te vreet.

Meer oor:  Limpopo  |  Landbou  |  Veilings  |  Bek-En-Klouseer  |  Beeste
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.