Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Landbou
Verbod op verkoop van varke ná varkpes in Kaap

Afrika-varkpes is op twee opkomende boere se plase in Mfuleni in Eersterivier, Kaapstad, geïdentifiseer.

So het Ivan Meyer, Wes-Kaapse LUR vir landbou, Donderdag gesê.

Dit is bevestig met twee monsters wat Onderstepoort ontleed het.

“Hierdie bevinding kom ná die intensiewe ondersoek deur die veeartsenydienste van die Wes-Kaapse departement van landbou om die oorsaak van varkvrektes die afgelope twee weke in dié gebied te bepaal.”

In die lig hiervan het Meyer ’n verbod op die verkoop en verskuiwing van lewende varke van Mfuleni geplaas om die siekte se verspreiding te bekamp.

Hy sê daar is geen gevaar dat die siekte aan mense oorgedra kan word nie.

“Ek doen ’n beroep op varkboere om seker te maak dat hulle slegs varke aankoop van plase met ’n bewese skoon gesondheidsrekord. Boere moet goeie higiënebestuurspraktyke op hul plase toepas om die risiko’s van siekte te verminder.”

Dr. Gininda Msiza, hoof van die Wes-Kaapse departement van landbou se veeartsenydienste, sê dit is die eerste keer dat Afrika-varkpes in die Wes-Kaap gevind word. Daar was onlangs uitbrekings in die Vrystaat, die Oos-Kaap en Gauteng.

“Daar moet doeltreffend ontslae geraak word van dooie varke en geen varkafval moet aan ander varke gevoer word nie,” sê Msiza.

Ten einde vas te stel wat die oorsprong van die uitbreking in Mfuleni is, is monsters na Onderstepoort gestuur om die genotipe vas te stel.

Meyer sê ondersoek sal gedoen word om vas te stel wat die omvang van die siekte se verspreiding in Mfuleni is.

Meer oor:  Kaapstad  |  Eersterivier
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.