Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Landbou
Verhore oor grond meer as net dié klousule – ekonoom
Suid-Afrika se mielie-oes sal vanjaar na verwagting 12,4 miljoen ton wees.

Die beplande openbare verhore oor grondonteiening sal ’n mors van tyd en geld wees as daar slegs bepaal word of die eiendomsklousule in die Grondwet ’n hindernis vir grondhervorming is.

Só sê Fanie Brink, ’n onafhanklike landbou-ekonoom.

Brink het in ’n verklaring gereageer op die berig op Netwerk24 waarin Vincent Smith, voorsitter van die grondwetlike hersieningskomitee, sê dat die komitee se enigste opdrag is om ’n “aanbeveling aan die parlement te maak oor of die eiendomsklousule ’n hindernis vir grondhervorming is en of dit nodig is om die klousule te wysig”.

“Hierdie siening stem nie ooreen met die besluit van die ANC en pres. Cyril Ramaphosa se uitsprake daaroor in sy staatsrede in Februarie vanjaar nie.”

Hy sê die besluit wat die ANC op sy nasionale konferensie in Desember geneem het, het ’n duidelike voorwaarde oor die implementering van grondonteiening daargestel, naamlik dat verseker moet word dat toekomstige beleggings in die ekonomie nie nadelig geraak moet word nie, of dat landbouproduksie of voedselsekerheid nie skade berokken word nie.

Die president het in sy staatsrede ook gesê die beleid moet ingestel word op ’n wyse wat landbouproduksie verhoog en voedselsekerheid verbeter,” sê Brink.

Daarby het Ramaphosa belowe dat die regering ’n proses van konsultasie sal volg met die neem van die besluit.

Die voorwaarde is daarna deur die Nasionale Vergadering aanvaar wat ’n spesifieke opdrag aan die grondwetlike hersieningskomitee was. Die voorsitter sê egter “… as ons bevind dat dit nodig is om die Grondwet te wysig, gaan ons glad nie voorstelle maak oor hóé dit gewysig moet word nie”, omdat die komitee van mening is dat dit waarskynlik deur die staande komitee oor justisie gedoen moet word, indien nodig.

“Die komitee draai met hierdie uitsprake eenvoudig sy rug op volhoubare landbouproduksie, voedselsekerheid en ekonomiese groei en ignoreer die spesifieke opdrag waaroor die Nasionale Vergadering besluit het, en dit is onaanvaarbaar,” sê Brink.

Hy sê die beplande openbare verhore sal dan ’n algehele mors van tyd en geld wees as die komitee slegs daardeur wil bepaal of die eiendomsklousule ’n hindernis vir grondhervorming is en of dit nodig is om die klousule te wysig. As die komitee nie die volledige opdrag wil uitvoer nie, sal hy deeglik moet besin of dit ingevolge die konstitusionele hof se uitsprake in hierdie verband “… voldoende konsultasie om sulke wette te wysig” sal wees.

Meer oor:  Fanie Brink  |  Grondonteiening
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.