Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Landbou
Verwyder Mooirivier-tolhek, vra landbougroep

Die bestaan van die Mooirivier-tolhek op die N3 bedreig KwaZulu-Natal se ekonomie en moet eerder verwyder word.

Tonele soos dié waar vragmotors aan die brand gesteek is tydens verlede week se onluste, het bygedra tot die sluiting van die Mooirivier-tolhek en só goederevervoer uit KwaZulu-Natal tot stilstand gedwing. Foto: Reuters

Dit is die beroep van die landbou-unie Kwanalu, Agri SA se filiaal in KwaZulu-Natal, aan Thoko Didiza, minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling.

Dié tolhek tussen Johannesburg en Durban was gesluit weens die onlangse onluste en die sluiting daarvan het chaos vir die land se verspreidingsnetwerk veroorsaak.

Kwanalu sê die tolhek hou net ’n te groot risiko in en die sluiting het bygedra tot ernstige voedseltekorte in KwaZulu-Natal.

Hy vra voorts die regering moet ’n ekonomiese risiko-ontleding doen oor die ligging van die tolhek.

“Ons glo sterk dat só ’n studie sal wys daar is genoeg grondige redes om die tolhek te skuif, of dit heeltemal te sluit,” sê Sandy la Marque, uitvoerende hoof van Kwanalu.

“Die ligging daarvan is ’n gevaar, ’n katalisator vir onrus, ’n sagte teiken en ’n risiko vir enigiemand wat goedere vervoer.”

Sy sê die gevolge van die tolhek se sluiting vir die landboubedryf en sy waardeketting in die provinsie was enorm.

“Die sluiting was die rede dat baie melkboere hul melk moes stort omdat dit nie na die res van die land vervoer kon word nie. Ons weet almal dat 25% van Suid-Afrika se melk uit KwaZulu-Natal kom. Hoe vervoer ’n mens melk, eiers en ander goedere wat daagliks benodig word as dit nie veilig is om dit te doen nie?”

Dié beroep word ook gesteun deur die landbousakekamer Agbiz.

“Benewens die skuif van die tolhek moet ’n hoë heining langs die N3 opgerig word wat deur die hele Mooirivier- munisipale gebied strek,” sê dr. John Purchase, Agbiz se uitvoerende hoof.

Meer oor:  Plundering En Geweld  |  Agbiz  |  Kwanalu  |  Landbou  |  Landboubedryf  |  Mooirivier  |  Kwa-Zulu Natal
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.