Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Landbou
1ste ryp in Vrystaat skep brandgevaar

Vrystaatse boere hoop vir nog drie weke grasie voordat die winterkoue toeslaan sodat gesaaides droog genoeg kan word om te oes.

Ryp het die afgelope drie oggende in die laagliggende dele van veral die Suid-Vrystaat voorgekom.

Volgens Johan Fourie, streekverteenwoordiger van Vrystaat Landbou (VL), het nagtemperature in laagliggende dele van Dewetsdorp, Wepener en Van Stadensrus laag gedaal en het ryp die afgelope drie nagte hier voorgekom.

Fourie sê daar is in dié stadium nog nie enige skade aan aanplantings waargeneem nie.

Die eerste ryp kan pragtige veld – soos hierdie ná ’n baie goeie reënseisoen in die Suid-Vrystaat – laat doodryp. Dit kan ’n groot brandgevaar dié winter skep, waarsku Vrystaat Landbou. Foto: Charles Smith

Volgens Kempen Nel, VL-streekverteenwoordiger, hoop boere in die Jacobsdal-omgewing op nog drie weke sonder ryp sodat aanplantings voldoende tyd het om droog te word.

Intussen waarsku dr. Jack Armour, kommersiële bestuurder van VL, dat boere bewus moet wees van brandgevaar ná die ryp.

“Die afgelope seisoen se goeie reën het bygedra tot goeie veld- en groeitoestande.

“Die veld en veral hoë gras langs die paaie hou egter ’n brandgevaar in,” waarsku Armour.

“Sanral sê dat sy kontrakteurs eers van 14 Mei af die gras sal begin sny nadat dit behoorlik geryp het.”

VL moedig daarom brandbeskermingsverenigings aan om hul strukture en toerusting gereed te kry.

Armour sê die laat reën wat in Desember en Januarie oor groot dele van die Vrystaat voorgekom en wat in sommige dele tot vloedskade gelei het, het ’n groot invloed op aanplantings gehad.

“Talle boere se aanvanklike aanplantings het verspoel en moes oorgeplant word.

“Dit het ’n groot finansiële invloed op boere. Indien dit dus te vroeg sou ryp en die laat aanplantings ook skade kry, sal dit vir talle boere ’n groot slag wees.”

Meer oor:  Vrystaat Landbou  |  Johan Fourie  |  Brandgevaar  |  Ryp
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.