Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Landbou
Vleispryse: Jy gaan duur braai in Desember

Met vleispryse wat die afgelope jaar die hoogte ingeskiet het, wag ’n onaangename verrassing op Suid-Afrikaners wat in die Desembervakansie ’n tjoppie of biefstuk op die kole wil gooi.

Braaivleis het peperduur geword en skokprysstygings wag op Suid-Afrikaners dié Desember. Foto: Unsplash

Die rede vir die prysstygings is deels omdat veevoer soveel duurder geword het en ook as gevolg van die brande veral in die Vrystaat.

Volgens Paul Makube, senior landbou-ekonoom van FNB, gaan Suid-Afrikaners Woensdag dalk snak na hul asem wanneer Statistieke Suid-Afrika (SSA) se jongste statistieke vir die vleisprysinflasie vir Oktober uitgereik word.

Beesvleis

Beesvleis het sedert verlede jaar met ’n beduidende 15% duurder geword. A-graad-beesvleis is nou vir die eerste keer meer as R50 per kilogram.

Net soos die meeste ander vleissoorte is die hoofdrywer van die hoër prys ’n stewige toename in die vraag na rooivleis. Maar daar was ook aan die aanbodkant probleme wat die pryse hoër gedryf het.

Veeboere in die Vrystaat herstel nog van erge brande in die provinsie en die prys van veevoer het ook beduidend gestyg. Dit is weens die 24%-styging in die prys van geelmielies, ’n belangrike bestanddeel in veevoer.

Lamsvleis

Lamsvleis het ook noemenswaardig duurder geword.

Dié stapelkos vir ’n lekker braai het vanjaar 28% duurder geword.

Die prys van skaapvleis oor die algemeen het in slegs een jaar met ’n kolossale 40% duurder geword.

Varkvleis

Varkvleis het ook nie die tendens gesystap nie.

Teen meer as R30 per kilogram is varkvleis vinnig besig om duurder te word.

Die prysstyging van varkvleis was oor die afgelope jaar ongeveer 15%, met spek wat 9% duurder geword het.

Hoender

Hoender is die enigste vleissoort waar nie algemene prysstygings voorgekom het nie, sê Makube.

Bevrore hoender het wel duurder geword, deels weens die swakker rand, terwyl heel vars hoenders oor die afgelope jaar goedkoper geword het.

Die vleisprysinflasie wat SSA uitreik, weerspieël die feit dat hoender die vleissoort wat Suid-Afrikaners die meeste koop. Die styging vir ’n mandjie vleis gaan dus nie soveel duurder wees vir iemand wat min rooivleis eet nie.

Meer oor:  Fnb  |  Kosprysinflasie  |  Vleispryse  |  Rooivleis  |  Vleis  |  Kospryse  |  Inflasie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.