Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Landbou
‘Kostekort moontlik’ as Landbank vou
As die Landbank ineenstort, sal dit voedselsekerheid in Suid-Afrika raak. Foto: Verskaf/Graan SA

As die Landbank ineenstort, sal dit voedselsekerheid in Suid-Afrika raak, het Dondo Mogajane, direkteur-generaal van finansies, Dinsdag gewaarsku.

Mogajane het die parlement se staande en gekose komitees oor finansies belowe dat die tesourie mettertyd volledig verslag oor die situasie by die Landbank sal doen, maar beklemtoon dat die tesourie daagliks met potensiële leners aan die Landbank gesels.

Van die DA-komiteelede het bespiegel of die Landbank strategies is of nié, maar Mogajane het verduidelik dat die tesourie al jare bekommerd is oor die Landbank se sakemodel omdat hy op kort termyn leen, maar op lang termyn uitleen, “en dit kom spook nou by ons”.

Hy meen die Landbank vervul ’n belangrike ondersteuningsrol vir kommersiële boere, maar hy sal sy benadering moet verander. Daar moet vasgestel word hoe die Landbank beter na die behoeftes van opkomende en swart boere kan omsien.

Die Landbank het in Maart gewaarsku dat hy nie meer sy paaiemente op ’n wentelkredietgerief van R738 miljoen kan betaal nie. Die bank is tans amptelik ’n wanbetaler op sy skuld.

Meer oor:  Landbank  |  Dondo Mogajane  |  Voedselsekerheid  |  Lanbou  |  Boerdery
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.