Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Landbou
Voëlgriep help Quantum wéér met wins

Die braaihoender- en eierprodusent Quantum verwag ’n skerp styging in sy wins vir die boekjaar tot einde September.

Quantum Foods, wat onder meer Nulaid-eiers verkoop, het 'n beter jaar agter die rug. Foto: Quantum Foods

Dit is deels danksy die R22 miljoen wat hy van sy versekeraars gekry het om hom te vergoed vir die verliese wat hy weens die voëlgriepepidemie van 2017 gely het.

Die maatskappy sê in ’n Sens-verklaring sy wesensverdienste per aandeel gaan met tussen 224% en 244% hoër wees as in die vorige boekjaar.

Sy basiese verdienste per aandeel gaan tussen 185% en 205% hoër wees.

Die maatskappy het voorheen gesê sy winsstyging sou selfs groter gewees het, maar eierpryse het weer heelwat gedaal soos wat die lêhoenderbevolking weer ná voëlgriep opgebou is. Daarby het voerkoste weer effens begin styg.

Quantum het verlede jaar voordeel getrek uit die skerp styging in eierpryse weens die tekort wat voëlgriep veroorsaak het.

Quantum reik sy resultate op 29 November uit.

Meer oor:  Hoenders  |  Hoenderbedryf  |  Eiers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.