Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Landbou
Vrae oor veilings van vee in vlak 4

Duidelikheid oor die aangepaste regulasies van vlak 4 van die inperking wat nou in Suid-Afrika geld, is dringend nodig en die regering moet dit so gou moontlik aan die land gee.

Boere is onseker of veilings van lewende hawe mag voortgaan onder die nuwe regulasies wat Sondag afgekondig is. Foto: Unsplash

Nadat pres. Cyril Ramaphosa Sondagaand die jongste regulasies ingevolge vlak 4 aangekondig het, was daar verskeie bedrywe wat onseker is oor sekere bepalings. Die landboubedryf is een van die sektore wat ’n beroep op die regering doen om baie meer duidelike en definitiewe inligting te gee oor presies wat sekere van die regulasies behels.

Agri SA sê in ’n verklaring daar heers byvoorbeeld onsekerheid oor die hou van veilings. Volgens die nuwe regulasies is veilings vir eers van die baan.

Christo van der Rheede, uitvoerende direkteur van Agri SA, vra egter of dit beteken veilings kan plaasvind, maar omdat byeenkomste verbied word, mag daar nie mense by wees nie.

“En watter veilings is hier ter sprake? Verwys dit na alle veilings, insluitende van eiendom en ander bates, asook landbouveilings?”

Van der Rheede sê vanweë die feit dat die landbou as ’n noodsaaklike diens verklaar is, vereis dit dat veeveilings moet kan voortgaan. “Hoe gemaak met veeveilings wat reeds geskeduleer is?”

Agri SA vra ook hoe prakties haalbaar dit is sou mense verbied word om veilings by te woon.

“Veilings is die lewensaar van die lewendehawebedryf. As dit verder onder druk kom, is daar bepaalde risiko’s wat die bedryf en verbruikers sal moet oorkom. Dit kan ook die beskikbaarheid van vleisprodukte beïnvloed.”

Hy vra ook wat dit gaan beteken as die verbod op veilings keer dat kommersiële en opkomende boere en gemeenskappe in landelike gebiede hul vee op veilings kan koop of verkoop.

Waar moontlik, sal veilings nou aanlyn gehou moet word om deurlopend in die aanvraag na lewende hawe te voorsien, sê hy. “Dit is egter ook nie in alle gevalle moontlik nie.

“Agri SA is ook uiters bekommerd oor die uitwerking van die algehele verbod op die wyn- en groter drankbedryf. Die ekonomiese gevolge van die inperkings op die restaurant-, toerisme- en ander bedrywe, soos die wildbedryf, gaan dié sektore verder knou.

“Waar is die hulppakkette om hierdie bedrywe te ondersteun?”

Meer oor:  Agri Sa  |  Boere  |  Vee  |  Vlak 4  |  Landbou  |  Inperking  |  Veilings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.