Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Landbou
Vrystaat Landbou vereer uitblinkers op jaarkongres

Nie minder nie as 77 000 ha veld is in Januarie in die Tokologo-distrik tussen Boshof, Dealesville en Hertzogville in net ses en ’n half uur deur brande verwoes.

Die boerderygemeenskap hier het egter nie toegelaat dat die terugslag hulle onderkry nie. Met die hulp van Vrystaat Landbou (VL) is ’n noodsaaklike rampfonds op die been gebring wat boere reg oor die provinsie voortaan in tye soos dié sal bystaan.

“Daar was niks van die veld oor nie en die vee moes eet. VL het boere in ons gemeenskap ondersteun en die behoefte aan die rampfonds is geïdentifiseer. Ons is dankbaar vir die goed wat hieruit gespruit het,” sê Tania Groenewald, sekretaresse van Agri Hertzogville, wat pas deur VL aangewys is as die Landbouvereniging van die Jaar op VL se jaarlikse kongres.

Willie Weich van Streek 13 is aangewys as Vrystaat Landbou (VL) se Streekverteenwoordiger van die Jaar. Van links is Francois Wilken (president van VL), Gerhard Kriel (uitvoerende hoof van VL), Weich, Danie Minnaar (voorsitter van Senwes) en Tommie Esterhuyse, (visepresident van VL).Foto’s: Maricelle Botha

In die 18 jaar dat VL die Landbouvereniging van die Jaar aanwys, het Agri Hertzogville al nege keer met dié titel weggestap.

Agri Hertzogville het nie net in landbouverwante sake uitgeblink nie, maar ook wat betref samewerking met betrokkenes soos die polisie, munisipaliteite, landbouondernemings en regeringsdepartemente.

Werk buite die grense van ’n landbouvereniging is ook in die gemeenskap gedoen soos by skole, welsynorganisasies, plaaslike skoue en met nuwelingboere.

Groenewald meen die sukses van Agri Hertzogville lê in spanwerk tussen die bestuur, die lede en VL.

“Ons is ’n boerevereniging wat nou by ons gemeenskap betrokke is. Behalwe dat lede mekaar ondersteun, besef ons ook hoe belangrik dit op die platteland is om by die groter gemeenskap betrokke te wees. Van die goed waartoe ons verbind is, is byvoorbeeld die skoonmaak van die begraafplaas en die terrein van die plaaslike ouetehuis,” sê sy.

Agri Hertzogville is pas deur VL aangewys as die Landbouvereniging van die Jaar op VL se jaarlikse kongres. Van links is Francois Wilken (president van VL), Gerhard Kriel (uitvoerende hoof van VL), Tania Groenewald (sekretaresse van Agri Hertzogville), Marius Groenewald (voorsitter van Agri Hertzogville), Danie Minnaar (voorsitter van Senwes) en Tommie Esterhuyse, (visepresident van VL).

Die Steynsrus-distriksboerevereniging was in die tweede plek, met die Karee-boerevereniging van die Brandfort-distrik in die derde plek.

Die uitvoerende bestuur en personeel van VL het ook ’n eerbewys toegeken aan Willie Weich van Streek 13, wat Boshof, Dealesville en Hertzogville insluit, as dankbetuiging vir die uitnemende diens wat hy aan die landbougemeenskap, komitees en personeel gelewer het in sy hoedanigheid as streekverteenwoordiger.

Groenewald sê hulle as boerevereniging is ook baie trots op Weich wat altyd bereid is om die tweede myl te loop.

“Ons het vroeër vanjaar besef dat die munisipale wildkamp by Hertzogville nie water het nie. Ons het ’n plan gemaak en Willie het die saak verder gevoer.”

Francois Wilken en Tommie Esterhuyse, wat die afgelope jaar as onderskeidelik president en visepresident waargeneem het, is ook op die kongres vir ’n volgende termyn van twee jaar verkies.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.