Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Landbou
VSA se boere voer al hoe meer uit
k

Die VSA steun swaar op buitelandse markte om ’n afsetgebied vir sy landbouprodukte te kry omdat die land se landbouproduksie die plaaslike vraag oorskry.

Luidens ’n inskrywing op die VSA se navorsingseenheid oor landbou-ekonomie het landbou-uitvoer die laaste sowat twee dekades met 150% toegeneem – van $56,2 miljard in 1995 tot $140,47 miljard (R2 087 miljard) in 2017.

Benewens die stewige groei in uitvoerinkomste, was daar ook ’n verskuiwing in die samestelling van produkte, sê die navorsingseenheid.

Dit weerspieël die groter vraag na sogenaamde hoëwaarde- en verbruikersgeoriënteerde produkte, soos suiwel, vleis en groente en vrugte, namate bevolkings en inkomste wêreldwyd toegeneem het en mense se diëte al hoe meer gediversifiseer geword het.

Naas die Europese Unie is die VSA die wêreld se grootste uitvoerder van landbouprodukte. 

Meer oor:  Vsa  |  Landbou  |  Handel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.