Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Landbou
Waarskuwing teen weerstandigheid

Antibiotikaweerstandigheid is een van die grootste bedreigings vir wêreldwye gesondheid en voedselsekerheid vandag.

“Ons moet kuddegesondheid prioritiseer deur die gebruik van verantwoordelike antibiotika. Die gebruik van skedule 4-medisyne in die bedryf toon ’n opwaartse neiging en sal uiteindelik daartoe lei dat boere nie in staat is om siek beeste te behandel sodra die bakterieë weerstand teen hierdie behandelings ontwikkel nie.” Só sê Roelie van Reenen, uitvoerende hoof van die Beefmaster-groep.

Streng antibiotiese onttrekkingsperiodes moet nagekom word voordat diere geslag word.

Op grond hiervan doen die Beefmaster-groep ’n beroep op Suid-Afrikaanse boere en die beesbedryf in die algemeen om hul afhanklikheid van antibiotika te verminder weens die probleem van weerstandigheid, wat ’n bedreiging vir die langtermyn­gesondheid van die nasionale kudde en die Suid-Afrikaanse beesvleisbedryf in die algemeen inhou.

Die antibiotiese probleem

Die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) het onlangs ’n beroep op die nywerhede en regerings gedoen om dringend ’n nuwe generasie medisyne te ontwikkel.

Sodra bakterieë weerstandig is teen antibiotika, sal medisyne minder doeltreffend word teen bakteriële infeksies. Die WGO het gewaarsku die wêreld word deur uit­dagings in die gesig gestaar rakende die antibiotika wat wel steeds werk, aangesien baie hiervan op groot skaal gebruik word vir menslike behandeling.

Van Reenen sê die kwessie van antibiotiese weerstand is nie net iets wat die gesondheid van mense beïnvloed nie, maar ook dié van die beesbedryf.

“Boere moet verstaan dat hul kuddes baie minder waardevol sal wees as antibiotika nie op ’n verantwoordelike manier gebruik word nie. Ons moenie voort­durend antibiotika in voer vir beeste gebruik nie. In plaas daarvan moet ons na maniere kyk om kuddegesondheid op te bou.”Wat is die verantwoordelike gebruik van antibiotika?Dr. Shaun Morris, ’n veearts en voerkraalkonsultant van Suid-Afrika, sê dat die gebruik van antibiotika verstandig toegedien moet word, slegs om die welstand van siek diere te bevorder.

“Ons moet oordeelkundige gebruik van antibiotika beoefen, waar ons toesien dat die regte dosis aan beeste toegedien en die streng antibiotiese onttrekkingsperiodes nagekom word voordat die dier geslag word. Dit sal ver­seker dat genoeg tyd verloop sodat daar geen antibiotika in die vleis oorbly voordat dit verbruik word nie,” sê Morris.Hoe om ’n gesonde kudde te bou sonder antibiotika“Beesboere moet hul koeie inent sodat hulle sterk immuniteit by kalwers kan kweek. In teenstelling met die algemene opvatting, is dit meer koste-effektief om hierdie benadering te volg. Dit sal verseker dat jy waarskynlik ’n hoër produksietempo sal kry,” meen Van Reenen.

Volgens Morris begin die bou van ’n gesonde kudde met die in­enting van die ouer vee­stapel. “Koeie moet minstens 30 dae voor kalwing in­geënt word, want hierdie inenting sal verseker dat pasgebore kalwers deur biesmelk beskerm word teen bakteriese omgewingsuitdagings wat hulle in die eerste paar maande van die lewe sal ondervind,” sê Morris.

’n Ander manier om kudde­gesondheid by ’n kalf op te bou is om voordeel te trek uit die sogenaamde goue periode van kolostrumtoediening. Morris verduidelik dat daar in die eerste ses uur ná geboorte ’n “goue periode” is waarin ’n kalf die beste inname van biesmelk kry deur aan sy moeder te suip. Die biesmelk bevat hoë vlakke van vitamien A, proteïene en energie. As jy die goue periode misloop, sal kalwers kwesbaar wees vir neonatale siektes, wat die kwessie van te veel afhanklikheid van antibiotika sal vererger.

Met inagneming hiervan doen Van Reenen ’n beroep op veeboere om professionele raad oor veeteelt in te win en beste praktyke in werking te stel wat gesonde, sterk beeste sal verseker sonder die gevaarlike buitensporige gebruik van antibiotika, wat bydra tot antibiotiese weerstand.

“Dit sal boere help om Suid-Afrikaanse beesvleis te produseer wat op lang termyn beter sal wees. Dit is omdat hierdie diere baie waardevoller sal wees as diegene wat te veel aan antibiotika blootgestel is,” sê hy.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.