Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Landbou
Wat is nuus in die wynbedryf?

Streke spog met wingerde

So tussendeur pars is vyf van die Wes-Kaap se streke se topklaswingerd verlede maand geïdentifiseer.

Die jaarlikse Vinpro-Winetech-wingerdblokkompetisie word in verskillende streke aangebied om optimale wingerdpraktyke te identifiseer, evalueer en met die bedryf te deel. Inskrywings word deur ’n onafhanklike paneel wingerdboukundiges en grondkundiges geëvalueer.

“Die kriteria vir evaluasie van die wingerdblokke sluit wortelverspreiding, snoeipraktyke, tip-aksies, asook lootuitdunning en -posisionering in,” sê Conrad Schutte, assistentbestuurder van Vinpro se wingerdbou-konsultasiediens.

“Ons kyk ook na die doeltreffende toediening van bemesting en besproeiingskedulering om ’n gesonde wingerd te verseker wat goeie gehalte druiwe vir die spesifieke wyndoelwit gaan oplewer.”

Vanjaar is daar in elke streek ’n ander druifsoort as die wenblok aangewys wat beteken dat hoë gehalte oor die hele druifsoortspektrum gehandhaaf word.

Vyf verskillende druifsoortblokke in vyf streke is as die Vinpro-Winetech-wingerdblokkompetisie se beste wingerdblokke aangewys.

Vanjaar se wenners

  • Olifantsrivier: Renier Rossouw van die Uitkyk-plaas buite Klawer, met ’n chenin blanc-wingerd.
  • Paarl/Swartland: Juan van der Riet van Twee Jonge Gezellen buite Tulbagh, met ’n blok pinot noir.
  • Robertson: Ernst en Flip Botha van die Kruispad-plaas buite Robertson, met ’n shiraz-wingerd.
  • Stellenbosch: Christo Crous van Uva Mira Mountain Vine­yards buite Stellenbosch, met ’n blok cabernet franc.
  • Worcester/Breedekloof: Bruno Suter van De Breederivier-plaas met ’n cabernet sauvignon-wingerd.

Wolfgat op kortlys vir beste restaurant

Kobus van der Merwe se Paternoster-restaurant is op die kortlys vir die Wêreld-restaurantpryse.

Sy restaurant Wolfgat is verlede jaar by die Eat Out Mercedes-Benz-restaurantpryse as die vierde beste restaurant in Suid-Afrika aangewys is en Van der Merwe as sjef van die jaar.

Wolfgat is op die kortlys vir die beste “Off-Map”-bestemming wat een van die 11 kategorieë is. Die beste restaurant ter wêreld word dan gekies uit die 11 wenners van dié afdelings.

Die restaurante word beoordeel deur ’n paneel van 100 lede en kundiges wat 37 verskillende lande verteenwoordig. Eat Out se hoofbeoordelaar, Margot Janse, is ook op die paneel.

Die Wêreld-restaurant-toekenningsgeleentheid sal op 18 Februarie in Parys, Frank­ryk, plaasvind.

Meer oor:  Wynbedryf
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.