Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Landbou
Wat nou van die beloftes oor pluimvee, Cyril?
Twee weke ná pres. Cyril Ramaphosa se staatsrede is daar nog geen teken van nuwe tariewe op ingevoerde bevrore hoenderporsies nie.Foto: Bloomberg

Fairplay, ’n organisasie wat hom vir ’n billike handelsomgewing in die pluimveesektor beywer, is behoorlik die hoenders in vir pres. Cyril Ramaphosa.

Dit is omdat daar twee weke ná die staatsrede nog geen woord gerep is oor nuwe invoertariewe op pluimveeprodukte nie.

Ramaphosa het op 13 Februarie gesê: “Ons sal binne twee weke ’n nuwe tariefaanpassing vir die invoer van pluimvee instel om die plaaslike bedryf te ondersteun.”

Melinda Shaw, woordvoerder van FairPlay, het Vrydag gesê daar het nou, meer as twee weke later, nog niks gebeur nie.

FairPlay en die Suid-Afrikaanse Pluimveevereniging (Sapa) probeer lank reeds om die regering te oortuig om ’n invoertarief van 82% op ingevoerde hoenderborsies te plaas, asook op hoenderagterkwarte. Die tariewe is tans onderskeidelik 12% en 37%.

Die rede vir dié aansoek is om “storting en roofsugtige invoer” te bekamp en op dié manier die plaaslike sektor te beskerm.

Sapa sê ook daar is nog geen bewyse dat daar aan die nodige gesondheidsvereistes voldoen word wanneer bevrore hoenderstukke van veral Brasilië ingevoer word nie.

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Verbruikersunie (Sancu) en EBieSA, wat die aansoek teenstaan, sê hul navorsing wys dat die prys van hoender met soveel as 32% kan styg as tariewe verhoog word soos wat Sapa versoek.

EBieSA, ’n organisasie wat 105 swart invoerders in die bedryf verteenwoordig, sê die produkte is veilig en is goed vir die plaaslike sektor.

Die Brasiliaanse vereniging vir diereproteïene (BVDP) het in 2019 in ’n verklaring gesê Suid-Afrika kan bloot nie genoeg hoender produseer om aan die plaaslike vraag te voldoen nie en dít is waarom die vleis ingevoer moet word.

Meer oor:  Fairplay  |  Hoenderbedryf  |  Landbou  |  Pluimvee  |  Hoenders
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.