Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Landbou
Webinaar lig boere in hoe om veesiektes te vermy

Die instelling van ’n doeltreffende biosekuriteitsprogram om veekuddes teen die uitbreek van siektes te beskerm verg baie goeie beplanning.

Dit was een van die belangrikste besprekingspunte op die Melkprodusente-organisasie (MPO) Opleidingsinstituut se eerste gratis aanlyn webinaar oor biosekuriteitsbestuur op 18 en 19 Junie.

Die webinaar is deur altesaam 54 rolspelers in die veebedryf bygewoon.

Dr. Chris van Dijk, uitvoerende hoof van die MPO, het die kursus aangebied en twee bekende veeartse, drs. Faffa Malan en Shaun Morris, het aan ’n paneelbespreking deelgeneem.

Hulle het onder meer beklemtoon dat dit belangrik is om aandag te gee aan dag-tot-dag-aktiwiteite, wat al buite die plaashek begin.

Die instelling van ’n effektie-we biosekuriteitsprogram om jou kudde teen die uitbreek van siektes te beskerm verg goeie beplanning.

Nuwe diere wat aangekoop word, moet lank genoeg geïsoleer (kwarantyn) word en verkieslik ook deur die nuwe eienaar vir siektes getoets word.

Hierbenewens is dit vir die algemene gesondheid van ’n kudde belangrik dat produsente sowel as arbeiders voldoende opleiding ontvang.

Dit sal beteken dat hulle risiko’s op die plaas en in die melkstal kan raaksien en verstaan en met oplossings vorendag kan kom.

Hierbenewens behoort ’n kudde-spesifieke inentingsprogram saam met die kuddeveearts opgestel te word.

Só kan siektes wat produksieverliese mag veroorsaak tot die absolute minimum beperk word.

Die volgende aanlyn kursus oor biosekuriteit vind op 6 en 7 Julie plaas.

Belangstellendes kan aanlyn registreer vir die gratis webinaar. Produsente, werkers, insetverskaffers en veeartse is welkom om dit by te woon.

Kontak Corlia Oberholzer vir verdere inligting by 082 451 4911 of corlia@mpo.co.za.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.