Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Landbou
Wees vrolik, al is wynuitvoer droewig, sê Wosa

Die plaaslike wynbedryf se internasionale bemarkingsliggaam, Wines of South Africa (Wosa), meen daar is rede om vrolik te wees, al is die uitvoersyfers vir 2019 droewig.

Suid-Afrika se duurder wyne het in 2019 goed gevaar oorsee. Foto: Getty Images

Netwerk24 het verlede week berig hoe skerp die wynuitvoervolumes gedaal het. Wosa het nou in ’n verklaring bevestig die wynbedryf se inkomste uit wynuitvoer het ook gedaal – met 7% tot R8,5 miljard.

Die daling in inkomste is nie so skerp soos die skerp val in uitvoervolumes jaar tot jaar van 24% nie.

Wosa sê verpakte wyn het met “net 4%” in waarde gedaal vergeleke met die 14%-daling in die volume.

Wyne wat ’n beduidende groei getoon het, is duurder wyne. Dit sluit aan by sy strategie dat Suid-Afrikaanse wyne in die uitvoermark ’n beter prys behaal.

Wyn wat in grootmaat uitgevoer word, het met 30% in volume gedaal. Die waarde van uitvoer het ook nie so skerp gedaal nie en die daling van 17% in die inkomste wat verdien is, toon volgens Wosa beter pryse wat vir die wyn behaal is.

Die bedryfsliggaam het egter nie uitgewei daaroor of dit weens die invloed van die wisselkoers is nie. Die rand was heelwat swakker teenoor die dollar, pond en euro in 2019 as in 2018. ’n Swakker rand is normaalweg goed vir uitvoer.

Siobhan Thompson, uitvoerende hoof van die wynbemarkingsliggaam Wines of South Africa (Wosa).

Siobhan Thompson, uitvoerende hoof van Wosa, meen egter daar is rede om positief te wees. “Hoewel 2019 een van die moeilikste jare vir die bedryf was, is ons bemoedig deur die feit dat ons wyne op die meeste prysvlakke beter pryse behaal.”

Die droogte, in kombinasie met ’n internasionale ooraanbod, het wel ’n “perfekte storm” tot gevolg gehad wat veroorsaak het dat van Suid-Afrika se goedkoper wyn hul plek op winkelrakke in die buiteland verloor het omdat dit van die wynlyste van winkelgroepe gehaal is.

“Die goeie nuus is dat ons in hoër prysvlakke momentum gesien het omdat ons wyne goeie erkenning gekry het en dit daartoe gelei het dat dié wyn plek op winkelrakke gekry het.

“Hoewel dit nog te vroeg is om te sê, beskou ons die beweging na hoërwaarde-wyne as positief.”

Meer oor:  Wyn  |  Uitvoer  |  Wynuitvoer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.