Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Landbou
Wêreld: Skaars wyn op veiling

Sotheby’s gaan op 13 Oktober ’n versameling van die gesogste en duurste wyn ter wêreld op ’n veiling in New York verkoop.

Van die bottels Domaine de la Romanée Conti-wyn uit die persoonlike kelder van Robert Drouhin, wat op ’n veiling in New York verkoop gaan word. Foto: Sotheby’s

Altesame 100 lotte van Boergondië se kroonwyn Domaine de la Romanée Conti, uit die persoonlike kelder van Robert Drouhin, gaan beskikbaar wees. Wat die wyn so besonders maak, is dat dit uit een spesifieke wingerdblok kom.

Die historiese aanbod het 50 jaar lank in Drouhin, ’n bekende in internasionale wynkringe, se kelder in Beaune in Boergondië deurgebring.

“Die wyne strek oor vier dekades en is historiese uitsoekwyne, wat vir dekades lank ongestoord in my kelder gelê het,” sê Drouhin in ’n verklaring.

Hy het toegang tot die wyne gehad deurdat sy familie se wynonderneming Maison Drouhin, die eksklusiewe invoerder van

Domaine de la Romanée Conti in Frank­ryk en België was van die laat 1920’s tot die vroeë 1960’s.

Hy sê hy het oor die jare tientalle van die bottels wyn met vriende en familie gedeel en dit is nou tyd om dit met ander te deel. “Ek hoop die kopers van die wyn besef hoe skaars en hoe goed die wyn is en deel dit sommer dadelik.”

Een van die hoogtepunte op die veiling is ’n magnum Romaneé Conti van 1937, wat vir tussen $30 000 en $40 000 kan verkoop. ’n Bottel Romaneé Conti van 1938 gaan na verwagting tot $30 000 haal.

Meer oor:  Sotheby’S  |  Wyn  |  Veiling
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.