Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Landbou
Wolmark val met byna 30%
Boere het sowat 39% van die aanbod onttrek nog voordat die veiling begin het.

Die eerste wolveiling van die 2019-’20-seisoen is erg geknou deur die impak van die onsekerheid oor die voortslepende handelsoorlog tussen Amerika en China.

Dit het meegebring dat boere sowat 39% van die aanbod onttrek het nog voordat die veiling begin het.

Hierbenewens het die onsekerheid ook daartoe bygedra dat die wolprys met 28,3% gedaal het, terwyl ’n verdere 18% bale onverkoop verklaar is op die veiling.

Dus is slegs 81,8% van die 8 634 bale verkoop wat onder die hamer gekom het, sê Deon Saayman, hoofbestuurder van Cape Wools.

“Hoewel die wolmark uitstekend vertoon het oor die afgelope aantal jare, het boere wat op dié eerste veiling was, aansienlik minder vir hul skeersel gekry.

“Die mark het met 28,3% (5 837 punte) verswak teen ’n waarde van R147,70/kg (skoon), met Cape Wools se Alle Wol-aanwyser wat 28,3% swakker gesluit het. Die Australiese EMI het met 27,4% afgeneem.”

Volgens Saayman was daar goeie mededinging vir goeie lang wol, met premies vir RWS-geakkrediteerde skeersels.

Die val van 10% in sybokhaarpryse word ook hoofsaaklik toegeskryf aan die voortslepende handelsoorlog.

Die volgende veiling is geskeduleer vir 12 September, wanneer sowat 9 258 bale aangebied sal word.

Die val van 10% in sybokhaarpryse op die tweede veiling van die winterseisoen word ook hoofsaaklik toegeskryf aan die voortslepende handelsoorlog.

Volgens Marco Coetzee, die finansiële bestuurder van Sybokhaar SA, gaan sowat 90% van die sterker mikronhaar (32 mikron en meer) na die Asiatiese mark en weens die handelsoorlog is daar tans geen vraag na natuurlike vesels nie.

“Daar is egter steeds groot belangstelling in fyner mikron sybokhaar, aangesien dit meestal na die Europese mark toe gaan,” sê Coetzee.

Altesaam 149 858 kg haar het op die veiling onder die hamer gekom. Die gehalte van die bokhaar was baie goed, maar die mark het nietemin met gemiddeld 10% gedaal. Die sterker mikron jongbok-, sowel as grootbokhaar, se pryse het die meeste gedaal.

Die volgende veiling van die 2019-winter-verkoopseisoen is op 25 September.

Meer oor:  Wolboere
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.