Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Landbou
Wolveilings vroeg in September hervat

Wolveilings in Port Elizabeth, wat in Augustus een na die ander weens kontantvloeiprobleme gekanselleer is, word vroeg September hervat.

China se doeanedepartement (GACC) het Vrydag die Suid-Afrikaanse departement van landbou, bosbou en visserye ingelig het hulle nie die wetgewing ten opsigte van uitvoerprosesse gaan verslap nie.

Die veilings is die afgelope ruk die een ná die ander gekanselleer omdat daar nie duidelikheid oor die GACC se plan met gesondheidsertifikate was nie. Die departement van landbou reik dit uit.

Aanpassings aan die vereistes is vroeër vanjaar gedoen ná ’n uitbreking van bek-en-klouseer.

Cape Wools SA skryf in ’n verklaring die toestande wat in die huidige gesondheidsertifikaat saamgevat is, sal steeds nagekom moet word totdat onderhandel word vir ’n nuwe sertifikaat.

Die Suid-Afrikaanse Wol-en-bokhaarkopersvereniging (Sawamba) het verlede week geëis dat die GACC duidelikheid gee oor die situasie ten opsigte van die wetgewing.

Sawamba se nege kopers, wat merendeels na China uitvoer, moet weens dié wetgewing tot vyf maande wag omdat die wol strenger gekeur word.

Sawamba se nege kopers, wat merendeels na China uitvoer, moet weens dié wetgewing tot vyf maande wag omdat die wol strenger gekeur word.

Dit het daartoe gelei dat Sawamba ’n kontantvloeiprobleem ervaar, want dit is glo vir China ’n té groot risiko om vir die wol te betaal voordat hulle dit ontvang het.

Guillau du Toit, voorsitter van die Nasionale Wolkwekersvereniging (NWKV), sê die antwoord van China bevestig net wat hulle reeds weet oor uitvoer.

“Makelaars gaan bykomende koste aan om prosesse moontlik te maak. Ons moet verwag dat hierdie koste iewers verhaal gaan word.”

Hy sê die NWKV sit Maandag die gesprek met die betrokkenes voort.

“Die grootste krisis is verby en ons sal van produsentekant ons bes doen om te help om uitvoer te normaliseer.”

Meer oor:  Pe  |  China  |  Wolveilings  |  Wol  |  Wolboere  |  Wolveilings Hervat  |  Wolbedryf
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.