Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Landbou
Wyn mag nog uitgevoer word
Wyn kan steeds uitgevoer word, al mag dit nie tans in winkels aangeskaf word nie. Foto: Pixabay

Die navorsing op grond waarvan die regering die naweek besluit het om die verbod op alkoholverkope weer in te stel, is in Wes-Kaapse trauma-eenhede gedoen, sê Khumbudzi Ntshaveni, minister van kleinsakeontwikkeling.

Dis nie waar dat wynboere en hul werkers negatief geraak gaan word weens die drankverbod nie, want hulle mag steeds alkohol uitvoer, het Ntshaveni aangevoer in antwoord op kritiek van DA-parlementslede op ’n aanlyn vergadering van die komitees wat oor haar departement toesig hou.

Volgens Ntshaveni is Suid-Afrika nie ’n federale staat nie maar ’n verenigde, unitêre staat en die Wes-Kaap is nie ’n land op sy eie nie. Volgens haar is die syfers uit Wes-Kaapse trauma-eenhede ook landwyd te sien, en is Suid-Afrika ’n land van drankmisbruik. Daarom moes die regering weer die drankverbod instel.

Hoë rentekoerse is ‘antirevolusionêr’

Hoewel amptenare van die departement se kleinsakefinansieringsagentskap (Sefa) gesê het die skerp laer repokoers raak sy rente-inkomste negatief, het parlementslede aangevoer rentekoerse moet laag wees sodat lenings aan kleinsake bekostigbaar is. Ntshaveni het saamgestem en gesê hoë rentekoerse is “anti-revolusionêr”.

Meer oor:  Wynuitvoere  |  Staat Van Inperking  |  Koronavirus  |  Wynbedryf  |  Drankverbod  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.