Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Landbou
Wynplase, klein brouers mag naweke verkoop

’n Uitsondering is weer vir die wynbedryf gemaak om wyn oor naweke vir tuisgebruik te verkoop.

Taproom, Devils Peak
Die Kaapstad mikrobrouery Devil's Peak se proekamer, die Taproom in Soutrivier. Foto: Instagram

Ook mikrobrouerye en mikro-distilleerderye mag voortgaan met die verkope van hul produkte oor naweke volgens die regulasies wat uitgereik is ná die aankondiging dat vlak 3 van die inperking weer ingestel word.

Drankwinkels het Dinsdagaand gehoor hul handelsure vir die verkoop van drank vir tuisverbruik word van Maandag tot Donderdag van 10:00 tot 18:00 beperk. Geen drankverkope word van Vrydae tot Sondae of op openbare vakansiedae toegelaat nie.

Verlede jaar het die drankverbod die eerste paar keer ook wynplase en mikrobrouerye ingesluit.

Die nuwe regulasies toon geregistreerde wynkelders en wynplase mag voortgaan om wynproeë aan te bied en wyn vir tuisverbruik te verkoop gedurende alle normale gelisensieerde handelsure, insluitende naweke en vakansiedae.

“Hierdie regulasie is baie positief vir die wynbedryf en veral vir wyntoerisme wat swaar gebuk gaan onder die impak van vorige inperkings,” sê die wynprodusenteorganisasie Vinpro.

Die handelsure vir die verkoop van drank vir binneverbruik (op die perseel) bly onveranderd en mag voortgaan van Maandag tot Sondag gedurende die gelisensieerde verkoopsure, maar is wel onderhewig aan die aandklokreël.

Ook wynmakerye, wynplase, mikrobrouerye en -distilleerderye moet aan die aandklokreël gehoor gee.

Rico Basson, besturende direkteur van Vinpro, sê hulle is dankbaar vir die uitsondering wat gemaak is om die meer as 500 wynmakerye toe te laat om wyn ingevolge hul normale gelisensieerde handelsure en die aandklokreël te verkoop.

“Die meeste van die wynmakerye is klein en mediumgrootte-ondernemings wat nog van die vorige inperkings probeer herstel. Dit sal help met die herstel van die bedryf.”

Basson sê die wynbedryf is steeds diep oortuig daarvan dat die besluite oor drankverkope op provinsiale vlak moet plaasvind en op wetenskaplike bewyse gegrond moet wees, asook op die infeksiekoerse en hospitaalopnames.

Meer oor:  Vinpro  |  Brouers  |  Bier  |  Brouerye  |  Wynbedryf  |  Wynverkope  |  Drankverbod
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.