Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Landbou
Wynuitvoer val met 23% in 2019

Suid-Afrika se wynuitvoer het in 2019 droewig vertoon en met 23% – of 100 miljoen liter – gedaal.

Suid-Afrika voer steeds meer wyn in grootmaat uit as verpak. Foto: iStock

Die jongste uitvoersyfers van die inligtingsorganisasie vir die wynbedryf, Sawis, toon 319,8 miljoen liter wyn is in 2019 uitgevoer.

Dit is veel skerper as die 6%-daling in 2018.

Dit is die minste wyn wat in meer as ’n dekade uitgevoer is.

Die uitvoerbemarkingsliggaam Wines of South Africa (Wosa) het in Julie verlede jaar, toe die syfers reeds ’n skerp daling getoon het, dit aan twee groot redes toegeskryf, waaronder die droogte wat sedert 2017 in die Wes-Kaap geheers en oeste drasties laat krimp het.

LEES OOK: SA voer al minder wyn uit – dis hoekom

Die ander rede wat gegee is, is dat die oeste in ander wynlande herstel het, wat die mededinging verhoog het.

wyn

Sawis se inligting oor die top-25 lande waarheen uitgevoer word, toon uitvoer het na net vyf lande gestyg.

Die uitvoer na Suid-Afrika se twee grootste wynuitvoerbestemmings – Brittanje en Duitsland – het onderskeidelik met 26% en 28% gedaal.

Die grootste daling was in grootmaatwyn, waarvan Suid-Afrika meer uitvoer. Dit het met 30% tot 175 miljoen liter gedaal.

Duitsland, die land se grootste uitvoerbestemming vir grootmaatwyn, het 31% minder hiervan uit Suid-Afrika ingevoer en Brittanje, die naasgrootste bestemming vir grootmaatwyn, 30% minder.

wyn

Die uitvoer van verpakte wyn, wat normaalweg van Suid-Afrika se bekendste handelsname is, het met 13% tot 144,7 miljoen liter gedaal. Die uitvoer hiervan na Brittanje, die grootste uitvoerbestemming in dié kategorie, het met 19% gedaal.

Uitvoer na Nederland, die naasgrootste uitvoerbestemming vir verpakte wyn, het met 14% gestyg.

Suid-Afrika voer meer wit- as rooiwyn uit.

Die uitvoer van witwyn het met 19% tot 172,4 miljoen liter gedaal.

Die uitvoer van rooiwyn het met 21% tot 119,4 miljoen liter gedaal.

Blanc de noir en rosé, asook gefortifiseerde wyn, se uitvoer het nog skerper met 50% tot onderskeidelik 24,8 miljoen liter en 174 149 liter gedaal. Die uitvoer van vonkelwyn het 39% tot 2,9 miljoen liter gedaal.

Meer oor:  Sawis  |  Wes-Kaap  |  Duitsland  |  Uitvoer  |  Wynbedryf  |  Landboubedryf  |  Wyn
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.