Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Landbou
Wynverkope in SA daal met 72 m. liter tydens inperking

Die binnelandse verkope van wyn het in die ses maande tot einde Augustus met 43,5% gedaal.

Wynverkope het dramaties geval tydens die inperking. Foto: iStock

In dié tydperk was daar twee keer ’n verbod op drankverkope van meer as drie maande – van 27 Maart tot 31 Mei en weer van 13 Julie tot 17 Augustus.

Sawis, inligtingsdiens van die wynbedryf, se jongste syfers wys dat daar van Maart tot einde Augustus 93,6 miljoen liter wyn verkoop is.

Dit is 72,2 miljoen liter wyn minder as in die ooreenstemmende tydperk verlede jaar.

Die binnelandse verkope sluit in ingevoerde wyn en wyn wat vir alkoholiese vrugtedrankies gebruik word, asook verkope in die hele Suider-Afrika.

Binnelandse verkope en uitvoer het saam in die ses maande met 23% of 77,1 miljoen liter tot 251,8 miljoen liter gedaal.

Van begin Junie tot einde Augustus het wynuitvoer met 19% gestyg vergeleke met die ooreenstemmende tydperk verlede jaar.

Dit is danksy uitvoer wat sedert Junie begin herstel het en in Julie skerp gestyg het.

Sawis se syfers toon uitvoer was egter in die ses maande tot einde Augustus steeds sowat 3% laer weens die impak van ’n tydelike verbod op uitvoer en die daaropvolgende bottelnek by hawens.

Meer oor:  Staat Van Inperking  |  Verbod  |  Wyn  |  Wynboer  |  Landbou  |  Wynverkope
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.