Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Landbou
Zim wil invoertarief op mielies hê
Koringare waai in die wind voor OVK se Morgenzon-silo buite Hopetown in die Noord-Kaap.

Die graanmeulenaarsvereniging van Zimbabwe wil hê die regering moet ’n invoertarief van 40% op mielies en koring instel wat vanaf Suid-Afrika ingevoer word.

Tafadzwa Musarara, voorsitter van die vereniging, sê die invoer kortwiek Zimbabwe se pogings om voedselsekuriteit deur middel van plaaslike produksie aan te moedig.

“Die plaaslike meule is onder druk met sy Suid-Afrikaanse eweknie wat goedkoop geneties aangepaste mieliemeel in ons ekonomie stort. Dit is tyd dat Zimbabwe sy ekonomie herfokus deur stapelvoedsel plaaslik te produseer,” sê hy.

Zimbabwe, wat voorheen mielies na sy bure uitgevoer het, voer mielies in sedert ’n grondhervormingsprogram wat in 2000 begin is en waar grond van hoofsaaklik wit boere weggeneem is. Dit grond is toe onder swart bestaansboere verdeel.

Musarara sê die land het sedert 2002 $7 miljard aan die invoer van mielies en mielieprodukte bestee.

Die vereniging het hom daartoe verbind om 800 000 ton mielies en 100 000 ton koring wat plaaslik geproduseer is, te koop.

Die land het volgens ’n afsonderlike voorlegging aan die Zimbabwiese parlement 115 000 ton koring in voorraad maar sukkel om dit te gebruik weens die invoer.

– Bloomberg

Meer oor:  Zimbabwe  |  Koring  |  Invoertariewe  |  Mielies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.