Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Landbou
Zimbabwe skik met wit boere vir $3,5 mjd.

Die Zimbabwiese regering het ’n ooreenkoms onderteken om VSA$3,5 miljard as vergoeding te betaal aan wit boere wat twee dekades gelede van hul grond afgeskop is.

Wit boere in Zimbabwe het uiteindelik vergoeding vanaf die regering ontvang nadat hulle 20 jaar gelede van hul plase afgeskop is. Foto: Bloomberg

Dit is ’n keerpunt in ’n geskil wat die Zimbabwiese ekonomie in duie laat stort het deurdat voedselproduksie en uitvoerinkomste gekwyn het en wat die land sanksies van die VSA en Europese Unie op die hals gehaal het.

“Vandag is ’n groot mylpaal,” het Andrew Pascoe, president van die Kommersiële Boere-unie (CFU), wat die wit boere verteenwoordig, Woensdag by die ondertekening van die ooreenkoms in die hoofstad, Harare, gesê.

“As Zimbabwiërs het ons gekies om hierdie kwessie wat al so lank voortsleep, op te los.”

Dis nie seker hoe die vergoeding te midde van die ekonomiese krisis gefinansier gaan word nie.

Zimbabwe sit met inflasie van meer as 700% en het tekorte aan voedsel, valuta en brandstof terwyl meer as 90% van die bevolking nie in die formele ekonomie in diens is nie.

’n Komitee is saamgestel deur die regering, boere en skenkers om geld vir die vergoedingsooreenkoms in te samel, het adjunkpresident Constantino Chiwenga tydens die seremonie gesê.

Zimbabwe het verskeie voedseltekorte ervaar sedert die regering met die dikwels gewelddadige program begin het om die meeste grootskaalse plase in wit besit vanaf 2000 te onteien.

Die regering het gesê die grond is in die koloniale era met geweld afgeneem en moes aan swart inwoners terugbesorg word.

Die vergoedingsooreenkoms gaan oor verbeterings aan grond en bates op die meer as 4 000 plase wat afgeneem is en het nie betrekking op die grond self nie, het Ben Gilpin, ’n direkteur van die CFU, vroeër vandeesmaand gesê.

“Hierdie belangrike gebeurtenis is histories,” het pres. Emmerson Mnangagwa tydens die seremonie gesê. “Dit bring afsluiting en ’n nuwe begin.”

Die ooreenkoms is onderteken enkele ure ná die dood van Perence Shiri (65), minister van landbou.

Die regering het nie gesê waaraan hy dood is nie.

Shiri is wyd gekritiseer deur menseregteorganisasies vir sy deel aan die Gukurahundi-slagting van 1982 tot 1985, waarin tot 20 000 mense vermoor is.

Hy was die bevelvoerder van die Vyfde Brigade, wat deur Noord-Korea opgelei is en van massateregstellings en marteling beskuldig is. – Bloomberg

Meer oor:  Zimbabwe  |  Landbou  |  Skikking  |  Boere  |  Grondonteiening Sonder Vergoeding
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.