Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
1 400 dalk werkloos as DionWired, ander sluit
Massmart besit Game-winkels in Suid-Afrika.

Die jaar begin nie op ’n goeie noot in die kleinhandelbedryf nie met Massmart wat aangekondig het hy gaan dalk meer as 1 400 mense afdank.

Massmart besit Game, Makro, DionWired, Builders Warehouse, Jumbo, Rhino Cash & Carry en Cambridge Food.

Die groep het in ’n verklaring beleggers ingelig dit is deel van ’n projek wat begin is om winkels wat swak presteer te sluit.

Altesaam 34 winkels gaan gesluit word ingesluit 23 van DionWired, wat gaan beteken al sy winkels sluit, volgens 'n woordvoerder. 

Die res is van die afdeling wat Jumbo, Rhino Cash & Carry en Cambridge Food insluit.

Geen verdere besonderhede oor hoeveel elk van dié winkels geraak gaan word, is verskaf nie.

Die meerderheidsaandeelhouer van Massmart is die internasionale kleinhandelreuse Walmart.

Die stap kom kort nadat Mitchell Slape, nuwe uitvoerende hoof van Massmart, op 2 September begin werk het.

Slape is ’n Amerikaner wat eers vir Walmart gewerk het.

Business Day het in Augustus berig Slape het ’n moeilike taak wat voorlê by die sukkelende kleinhandelgroep waar koste vinniger styg as verkope.

Slape se taak is om die maatskappy om te keer.

’n Konsultasieproses is nou begin ingevolge art. 189 en 189A van die Wet op Arbeidsverhoudinge oor die winkels wat moontlik gesluit gaan word.

Dit wil voorkom of die nuus beleggers positief gestem het.

Massmart se aandeelprys het teen middagtyd 5% tot R51,42 gestyg.

Dit is heelwat beter as ander maatskappye in die sektor asook die indeks van alle aandele en die indeks van top 40-aandele. 

Meer oor:  Massmart  |  Makro  |  Game  |  Kleinhandelaars  |  Werksverliese  |  Kleinhandel  |  Winkel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.