Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
1 700 poste in gedrang ná SAL weier om te betaal

SA Airlink het ’n reuseverlies in November 2019 gely nadat die Suid-Afrikaanse Lugdiens sy deel van die inkomste van kaartjieverkope teruggehou het.

SA Airlink voer aan hy loop nou die gevaar dat sy bedryfskapitaal voor die einde van die maand opdroog en dit kan 1 700 poste in gedrang bring. Foto: SA Airlink

Die private lugdiens SA Airlink het Dinsdag in die hooggeregshof in Johannesburg aangevoer hy het nog in September en Oktober onderskeidelik ’n wins van R84 miljoen en R50 miljoen getoon.

SA Airlink voer aan die SAL skuld hom die inkomste wat einde 2019 uit kaartjieverkope verdien is.

Die hofaansoek het getoon SA Airlink wil R700 miljoen van SAL eis. ’n Hofbevel word gesoek dat die SAL dit binne vyf dae betaal.

Die SAL is vroeg in Desember in sakeredding geplaas.

Les Matuson en Siviwe Dongwana, sakeredders, het voorheen gesê dié betrokke geld word as skuld hanteer wat aangegaan is voor die sakeredding begin het. Die sakeredders wil dit dus klassifiseer saam met ander skuld van die SAL wat aangegaan is voor die sakeredding en dit so hanteer.

Adv. Rafik Bhana SC wat vir Airlink optree, sê egter die geld is inkomste uit kaartjies wat in November en Desember deur die SAL se besprekingstelsel verkoop is.

Die SAL verdien kommissie op die kaartjieverkope.

Die hof het gehoor die inkomste is nie aan Airlink betaal nie omdat die geld in die SAL se bankrekening gedeponeer is.

“Dit sal ondenkbaar wees as die SAL die geld vat en dit vir sy bedrywighede gebruik en dan aan Airlink sê: Ons skuld jou die geld en sal jou oor 30 dae of 90 dae betaal,” het Bhana aangevoer.

“Dit is ondenkbaar, want dit is duidelik ’n oortreding van ooreenkomste . . . en dit is wat die sakereddingspraktisyns opportunisties hier wil doen.”

Volgens hom loop SA Airlink nou die gevaar dat sy bedryfskapitaal voor die einde van die maand opdroog en dit kan 1 700 poste in gedrang bring.

Airlink bedryf 55 roetes na 39 bestemmings in nege Afrika-lande. Fin24

Meer oor:  Sal  |  Sa Airlink  |  Vlugte  |  Lugdiens  |  Sakeredding  |  Vliegtuie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.