Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
10 twiets wat die VBS-bohaai opsom

Onder die hutsmerk #VBSBankHeist gons Twitter oor die plundery van VBS Mutual Bank. Dit kom ná die uitreiking Woensdag van adv. Terry Motau se verslag, “The Great Bank Heist”.

Lees ook: Die A tot Z van die VBS-skandaal

Motau se forensiese ondersoek is op aanvraag van die Reserwebank gedoen nadat die sentrale bank VBS in kuratele geplaas is en agtergekom het grootskaalse bedrog en wanbestuur het by die bank plaasgevind.

Die dramatiese voorblad van adv. Terry Motau se verslag oor VBS Mutual Bank.

Twitterati het veral gefokus op die EFF-hoek. Floyd Shivambu, EFF-adjunkleier, se jonger broer Brian het na bewering onregmatig R16 miljoen ontvang en dit met sy broer en die party gedeel. Brian Shivambu voer aan dis geld wat hy onderneming vir konsultasiewerk verdien het, al het hy maar pas ’n diploma gekry toe die werk gedoen is. Daar is baie wat hom verdedig, ander beskuldig dit EFF van dubbele standaarde in die lig van sy slagspreuk “Pay back the money” aan oudpres. Jacob Zuma.

Nog ’n tema is dat dit arm, swart mense wie se geld in gevaar gestel is. Die meeste armes kon sedertdien hul geld aan VBS onttrek, maar 14 munisipaliteite kan miljoene verloor – en dit raak dienslewering aan dié munisipaliteite, waarvan die meeste ook arm gemeenskappe bedien.

Die media word ook gekap vir die VBS-beriggewing, met die aanklag dat daar minder kritiek was op wat gedoop word die #SteinhoffHeist. Oordeel self.

Meer oor:  Vbs  |  Vele Investments  |  Vbs Mutual Bank  |  Banke  |  Bankbedryf
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.