Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
1ste vakbond aanvaar aanbod van SAID

Die Vereniging vir Staatsamptenare (VSA) het Maandagmiddag gesê hy het ’n ooreenkoms met die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) gesluit om die staking te beëindig.

Die SAID se kantore in die Johannesburgse middestad. Foto: Google

Die tweede vakbond wat ook by die SAID staak, Nehawu, het nog nie bekend gemaak wanneer hy gaan ophou staak nie. Die woordvoerder van die vakbond, Khaya Xaba, het in ’n teksboodskap gesê daar word nog met lede gekonsulteer.

In die VSA se verklaring is gesê die SAID het ingestem tot ’n salarisverhoging van 8% van April af en ’n verhoging van 2% bo verbruikersprysinflasie oor die komende twee jaar.

Ivan Fredericks, hoof van die VSA, het gesê die ooreenkoms van drie jaar sluit in ’n bonus vir lang diens.

“Die SAID kan in die omstandighede nie bekostig om met minder mense klaar te kom nie omdat die land sukkel om belastinginkomste in te samel en daar ’n moontlik afgradering dreig.

“Die ooreenkoms toon die SAID besef hoe belangrik die diens is wat sy personeel lewer.”

Die VSA en Nehawu, wat saam 9 000 werkers verteenwoordig, het Donderdag met ’n staking begin.

Maandagoggend was dit nog net sy belangrikste tak in Kaapstad wat gesluit was.

Die vakbonde het vir ’n salarisverhoging van 11,4% gevra. Fin24

Meer oor:  Suid-Afrikaanse Inkomstediens  |  Nehawu  |  Said  |  Vsa  |  Stakings  |  Vakbonde
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.