Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
1ste winkelgroep noteer op A2X
Klante stap verby 'n MRP-winkel.

Die Mr Price-groep het aangekondig hy gaan ook op die nuwe aandeelbeurs A2X noteer.

Die verhandeling van sy aandele begin op 2 Mei.

Die maatskappy behou sy hoofnotering op die JSE en die aantal uitgereikte aandele word nie geraak deur die sekondêre notering nie.

Mark Blair, uitvoerende hoof, sê in ’n verklaring die notering bied groter “keuses” aan die groep se beleggers en bied geleenthede vir die groep om potensiële nuwe beleggers te lok.

Kevin Brady, uitvoerende hoof van A2X, sê dit is ’n mylpaal vir dié beurs omdat dit die eerste winkelgroep is wat noteer.

Wie is al op A2X genoteer?

1. Aspen

2. Tharisa plc.

3. Naspers

4. Afrimat

5. ARC Investments

6. Ascendis Health

7. AVI

8. Growthpoint

9. Sanlam

10. Santam

11. Anchor Capital

12. ARM

13. Coronation

14. Huge Group

15. Peregrine

16. Standard Bank-groep

17. Standard Bank se voorkeuraandele

18. Sygnia

19. Zarclear Holdings

Hy sê hulle sien uit daarna om te wys watter voordeel “doeltreffende mededinging” in die aandelemark vir sekondêre noterings vir Mr Price se beleggers gaan meebring.

Saam met die Mr Price-groep is daar nou 20 maatskappye op dié beurs genoteer. Die maatskappye het ’n algehele markwaarde van R2 400 miljard.

Wie beheer A2X?

Die beurs het ’n lisensie om as ’n aandeelbeurs handel te dryf en word deur die Gedragsowerheid vir die Finansiëledienstesektor (FSCA), asook die Reserwebank se owerheid wat kapitaalvereistes beheer, gereguleer.

Die beurs is onderhewig aan die Wet op Finansiële Markte.

A2X het in Oktober 2017 met verhandeling begin.

Hoeveel verhandeling vind plaas?

’n Verslag op A2X se webtuiste toon verhandeling het vanaf September verlede jaar begin toeneem.

Die omset was in Februarie vanjaar die eerste keer meer as R50 miljoen en het in Maart die R100 miljoen-kerf verbygesteek.

Dit toon Naspers en die Standard Bank-groep het die meeste van die verhandeling verteenwoordig.

Meer oor:  A2x  |  Notering  |  Winkelgroep
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.