Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
2 hoës by Mr Price geskors

Twee senior bestuurders van die kleinhandelaar Mr Price is geskors terwyl ’n interne ondersoek na bewerings van wangedrag gedoen word.

Mr Price het twee bestuurders geskors.

Die maatskappy sê in ’n Sens-verklaring die “voorkomende skorsings” is gedoen ná “onlangse markbespiegeling” dat die twee en ’n verskaffer nie aan Mr Price se gedragskode voldoen het nie.

Daar word glad nie verduidelik waaroor die bewerings gaan nie, behalwe dat die groep eksplisiet sê: “Die bewerings hou nie verband met enige onreëlmatighede van finansiële verslagdoening nie, en betrek ook geen uitvoerende of nie-uitvoerende direkteure nie.”

Nigel Payne, voorsitter van Mr Price se direksie, sê: “Die groep bejeën voldoening aan sy gedragskode met groot erns en beskou dit as integraal tot sy waardes.”

Die aandeelprys het ná die nuus effens gedaal, maar teen 15:40 was die daling minder as 0,1%.

Meer oor:  Mr Price  |  Huisware  |  Kleinhandelaars  |  Kleinhandel  |  Klere  |  Klerekleinhandel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.