Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
2 versekeraars in kuratele weens VBS-bande

Die Reserwebank se Omsigtigheidsowerheid het Dinsdag twee versekeraars in kuratele geplaas omdat hulle weens VBS Mutual Bank se probleme in ’n krisis gedompel is.

Kuben Naidoo, een van die drie adjunkpresidente van die Reserwebank.

Die een is Bophelo Life, ’n lewensversekeraar wat veral begrafnispolisse en groeplewensversekering uitgeskryf het, en die ander is Nzalo Insurance Services, ’n korttermynversekeraar en finansiëlediensteverskaffer.

Albei is filiale van die Bophelo Insurance Group (BIG), wat nou met VBS verbind word.

VBS is Dinsdag in die hooggeregshof in Pretoria gelikwideer ná ’n aansoek deur Kuben Naidoo, uitvoerende hoof van die Omsigtigheidsowerheid (die vorige registrateur van banke).

Volgens twee afsonderlike, maar bykans identiese verklarings deur die Reserwebank het Bophelo Life en Nzaolo al hoe meer probleme begin ervaar in die eerste kwartaal van 2018. Die maatskappy is ook beïnvloed deur die kuratele wat op VBS gehef is.

Die Omsigtigheidsowerheid het Bophelo Life en Nzalo reeds in April 2018 verbied om nuwe polisse uit te skryf omdat hulle nie aan die voorwaardes vir hul registrasie ingevolge wetgewing kon voldoen nie.

Die maatskappye is albei op 6 November in voorlopige kuratele geplaas.

“Gegrond op die beskikbare inligting, is die Omsigtigheidsowerheid van mening dat die kuratele van Bophelo Life in die beste belang van sy polishouers is.”

Dieselfde word van Nzalo gesê.

True South Actuaries and Consultants is as kuratele aangewys. Francois Hugo en Paul Zondagh verteenwoordig True South.

Die bestuur en direksie van Bophelo Life en Nzalo word met die kuratele van hul magte onthef.

Die Omsigtigheidsowerheid verseker Suid-Afrikaners dat die versekeringsbedryf as geheel “veilig, gesond en voldoende gekapitaliseer bly”.

Meer oor:  Versekeraars  |  Banke  |  Versekering  |  Finansiële Dienste  |  Reserwebank
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.