Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
2 verskaffers van lugmag het geknoei, sê kommissie
Ter illustrasie.Foto: Unsplash

Twee verskaffers van die lugmag kan moontlik weens onmededingende gedrag vervolg word, het die mededingingskommissie Maandag in ’n verklaring gesê.

KF Computers en SAAB Grintek Defense word van onderhandse tendergedrag beskuldig rakende ’n tender wat deur die Staatsinligtingstegnologie-agentskap (Sita) gepubliseer is.

Die tender was vir die verskaffing van netwerkonderhoud- en stelselondersteuningsdienste aan die Suid-Afrikaanse Lugmag se Grondbevel- en Beheerstelsels en Huidige Intelligensiestelsel (CURIS).

Luidens die verklaring het Sita in Maart 2016 aan die kommissie gesê hy vermoed dat KF Computers en SAAB dalk afgespreek het wat elkeen se afsonderlike tender moes behels.

Die kommissie het bevind KF Computers en SAAB het wel die saak bespreek en tot ’n ooreenkoms gekom rakende elkeen se aanbod aan Sita.

Volgens die mededingingskommissie kom dié gedrag neer op onderhandse tendergedrag en is dit teenstrydig met die Mededingingswet.

Die kommissie het die mededingingstribunaal gevra om die maatskappye ’n boete van 10% van hul jaarlikse omset op te lê. - Fin24

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.