Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
21 mjd. minder sigarette van BAT gerook dié jaar

Verkope van Dunhill-sigarette het in die eerste ses maande tot Junie met 19% geval, deels weens die impak van die verbod op verkope in Suid-Afrika.

rook
Hoewel die sluikhandel in sigarette flink voortgaan, trek nóg British American Tobacco nóg die regering voordeel daaruit. Foto: Unsplash

Dunhill is een van die internasionale tabakmaatskappy British American Tobacco (BAT) se topverkopers. Van sy ander groot handelsname is Kent, Lucky Strike, Rothmans en Pall Mall.

BAT se totale verkope van sigarette het in die halfjaar met sowat 21,6 miljard sigarette of 6,5% tot 310,5 miljard gedaal.

Jack Bowles, uitvoerende hoof van BAT, sê die strenger inperking in Suid-Afrika het hiertoe bygedra.

Hy meen die maatskappy se Suid-Afrikaanse filiaal het ’n sterk saak met die hofsaak wat volgende week plaasvind om die verbod op sigarette op te hef; hulle verwag ’n positiewe uitslag.

Die verbod in Suid-Afrika het volgens hom ’n impak op die wins uit bedrywighede van £25 miljoen per maand (R554,7 miljoen per maand omgeskakel in vandag se wisselkoers).

Hy het daarna verwys dat die hele mark nou uit onwettige sigarette bestaan en daar ’n prysverhoging van tot 300% plaasgevind het.

Hy sê die regering het £340 miljoen (R7,5 miljard in vandag se wisselkoers) weens die verbod aan aksyns en belasting op toegevoegde waarde (BTW) verloor.

Die getal sigarette wat in ontwikkelde lande verkoop is, is grootliks onaangeraak terwyl dit in opkomende markte beïnvloed is deur maatstawwe vir inperkings soos dat fabrieke moes sluit en verkope nie mag plaasvind nie soos in Suid-Afrika, Mexiko en Argentinië.

In Bangladesj, Viëtnam en Maleisië het dit ’n wesenlike impak op die beskikbaarheid van produkte gehad.

“Die meerderheid van die beperkinge is verslap, maar daar is steeds geen aanduiding van wanneer die verkope van tabakprodukte in Suid-Afrika toegelaat gaan word nie.”

Twisp se verkope is ook in Suid-Afrika geraak weens die verbod.

“Dit het vereis dat die groep al sy aktiwiteite met die ontwikkeling en verkope van Twisp gestop het.”

Die klandisiewaarde wat met die verkryging van Twisp te doen het (£11 miljoen), is afgeskryf.

Suid-Afrika en die res van Afrika suid van die Sahara word ingedeel by Sentraal-, Suid- en Noord-Amerika.

Die sigarette wat in dié gebied verkoop is, het met 8,4% tot 68,1 miljard van 74,4 miljard in die ooreenstemmende halfjaar gedaal.

Dit word grootliks toegeskryf aan die impak van die pandemie en maatstawwe in Suid-Afrika wat ook ’n tydelike impak in Mexiko, Venezuela en Honduras gehad het.

Die inkomste in die gebied het met 13% tot £1,7 miljard gedaal.

Meer oor:  British American Tobacco  |  Bat  |  Batsa  |  Covid-19  |  Tabakbedryf  |  Sigarette  |  Tabak  |  Staat Van Inperking  |  Sigaretverkope  |  Koronavirus  |  Vlak 3  |  Tabakverbod  |  Sigaretverbod  |  Vlak 4  |  Inperking
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.